|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Die Minister van Arbeid, mnr. Membathisi Mdladlana, is bereid om voor einde vandeesmaand met Agri SA te vergader oor minimum lone vir plaaswerkers.
In sy toespraak in die parlement het hy gesê minimum lone behoort die inkomste van die mees kwesbare groep werkers te verhoog. Hy het benadruk dat daar geen omkeer aan die instelling van minimum lone vir plaaswerkers op 1 Maart is nie, en dat elke boer in Suid-Afrika wettiglik verplig is om vasgestelde minimum lone aan hul werkers te betaal.
"Dit is verontrustend dat sekere boerdery-organisasies, wat die geleentheid gehad het om hul voorbehoude oor die sektorale vasstelling te lug, nou beswaar maak. Omdat ek glo aan gesprek en nie konfrontasie nie, sal ek voor die einde van die maand met organisasies soos Agri SA vergader," het hy gesê.
Hy sou 'n situasie verkies waar dit nie nodig is om sektorale vasstellings af te kondig nie, maar waar sterk vakbonde en werkgewersorganisasies diensvoorwaardes by bedingingsrade onderhandel. Hy het werkgewers en vakbonde aangemoedig om te verseker dat dit bine die volgende twee jaar plaasvind.
*Die Demokratiese Alliansie (DA) het dié aankondiging van mnr. Mdladlana verwelkom, en voorgestel dat hy met 'n oop gemoed luister na Agri SA se "geldige voorbehoude oor die beoogde instelling van sekere aspekte van die minimum loon-voorstelle".
In sy reaksie het mnr. Nic Koornhof, DA-woordvoerder oor arbeid, mnr. Mdladlana se standpunt, naamlik dat daar geen ommekeer is aan die inwerkingstelling van die wet is nie, as "negatief en onproduktief" bestempel.
"Die minister moet kant kies ten gunste van werkgeleenthede, eerder as sektorale vasstellings."
28 Feb. 2003Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24