|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Sterftes in Suid-Afrika gaan binne die volgende vyf jaar die geboortesyfer oorskry, voorspel 'n nuwe hoogleraar aan die Vrystaatse Universiteit.
Prof. André Pelser, sosioloog, het in sy intreerede gesê dit sal hoofsaaklik weens die uitwerking van HIV/vigs wees.
Sekere modelle voorspel dat die bevolking binne die volgende vyf dekades met 10 % tot 26 % gaan verklein, het Pelser gesê.
Hy meen dit is een van drie demografiese neigings wat Suid-Afrika se bevolkingstruktuur in die volgende dekades drasties gaan verander.
'n Tweede is toenemende veroudering van die bevolking. Die groep ouer as 65 jaar is die enigste ouderdomskategorie wat in die volgende paar dekades skerp gaan groei.
Die groep jonger as 15 jaar sal in die volgende halfeeu met 39 % verminder, terwyl dié ouer as 65 jaar binne die volgende twee dekades met sowat 110 % sal toeneem, verwag Pelser.
Dié "sistematiese vergrysing" sal dieselfde ekonomiese en welsynprobleme skep as waarmee regerings van meer ontwikkelde lande reeds worstel.
Voorts gaan die lewensverwagting van Suid-Afrikaners toenemend afneem, het Pelser gesê. Die lewensverwagting by geboorte behoort van 'n gemiddelde 62 jaar in die begin van die 1990's tot 43 jaar rondom 2015 tot 2020 te verminder.
Dit kan nasionale ontwikkelingsdoelwitte in gevaar stel, meen hy. Na raming sal meer as 'n kwart van die ekonomiese aktiewe bevolking byvoorbeeld teen 2006 met die MI-virus besmet wees.
18 Junie 2004Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24