Dit is ’n realiteit dat Suid-Afrikaanse kommersiële produsente tans nie volhoubaar koring kan produseer nie. Dit is egter nie net ’n Suid-Afrikaanse probleem nie. Die wêreldkoringprys verhandel rondom R2400 per ton, tog moet dit onthou word dat oor die afgelope sewe jaar koring wel winsgewend op die langer termyn was.
Mnr. Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou, het op Bredasdorp tydens ’n graandebat gesê ’n tarief sal uitstekend werk op die korttermyn. ’n Tarief is egter nie ’n langtermyn-oplossing vir die huidige winsgewendheid-probleem nie, want dit bring voordele en nadele. Die probleem van winsgewendheid moet deur die staat en die bedryfe gesamentlik aangepak word.
Strukturele probleme kom in die koringbedryf voor. Dit is goedkoper om koring uit Argentinië via Durban in te bring as wat dit is om koring uit die Wes-Kaap na Randfontein te stuur. Die staat sal moet help met infrastruktuur, soos spoorvervoer.
Maar hoe gaan die koringbedryf simpatie by die Regering kry as daar so min swart koringboere is, het hy gevra. As die bedryf sinvol met die Regering wil onderhandel, sal daar meer swart koringboere moet wees en hier kan die georganiseerde landbou sy kant bring.
Lees meer oor die graandebat in Landbouweekblad van 2 Oktober.
22 September 2009
Kommentaar
Dit is wat ek die toppunt van rassisme noem. Baie duidelik word daar op die wit boer gediskrimineer. Hoe kan Agri SA en TLU dit toelaat. Kry die boere by mekaar en organiseer n f****n staking nou, sommer vir 6 maande. Lyk my hulle moet eers vrek van die honger voordat hulle sal luister. As hulle wil he Argentinie moet vir hulle sorg, dan moet ons vir hulle dit toelaat. Kry die boere by mekaar en julle sal uitvind hoeveel van ons is gatvol vir hierdie s****t.
Johan Steenkamp
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)