|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Melkboerdery verg die hoogste produksiekoste en het die meeste risiko’s, maar is een van die laags betalende bedrywe in die landbou, het dr. Josef Uys van Heidelberg op die melk-inligtingsdag op Witsand gesê.
Uys het onlangs, ná sowat 20 jaar, die suiwelbedryf verlaat. Hy sê as ’n boer eers ’n agterstand het en teen ’n verlies melk, haal hy dit moeilik in. Normale sakebeginsels van vraag en aanbod geld nie in die bedryf nie en melkverwerkers verlustig hulle in die wete dat boere feitlik geen ander alternatiewe het as om hul melk aan hulle te verkoop nie.
Die wêreld het melk en melkprodukte nodig. In Indië en China neem verbruik toe. Hy wil weet waarom die melkboer in Suid-Afrika altyd aan die kortste ent trek en nie deel in die voorspoed van produsente wêreldwyd nie.
Dit is ’n skande dat melkboere sedert 1996 hul beleggings gemiddeld drievoudig verbeter en hul alles vir die bedryf gegee het, maar vandag het hulle nie ’n sent meer in die sak as destyds nie. Die probleem is dat melkboere hul mags- en bedingingsposisie oorgegee het aan die melkkopers.
Laer pryse
Organisasies, soos die SA Melkprosesseerdersorganisasie en die Melkprodusente-organisasie is net so sterk soos hul lede hulle maak. Die produsent het verval in die geloof dat hyself nie meer mag het nie en net maar moet probeer oorleef. In die proses word nóg meer melk geproduseer, wat lei tot nóg laer pryse, het Uys gesê.
So speel hulle reg in die kraal van die melkkopers, want hulle hoef nie meer te betaal vir die volop melk nie. Uys het gesê die melkbedryf moet soos ’n “Afrika-organisasie” begin funksioneer waarin vakbonde ’n sterk bedingingsmag het.
Produsente moet weer hul mag terugkry wat betref die verkoop en verspreiding van melk, sodat normale vraag en aanbodbeginsels geld.
17 Augustus 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Melkboere, sluit aan by Afriforum. As almal het vra ons hulle om ons saak te veg.
Ai nog 'n artikel wat weer sê dat die boere moet nou voorvat.Ek lees Mnr.De Kock en Mnr.Kleynhans sê ook die boere moet nou hande vat.Maar ons het dan 'n MPO.Is hulle nie veronderstel om nou die boere bymekaar te bring nie?Terloops is Mnr.De Kock lid van die MPO?Ek is 'n melkboer en 'n kleintjie daarby.Maar ek verskaf werk aan 5 werkers,dus onderhou ons 30 mense hier op die plaas.Ons "suffer" soos tant Stienie sou sê,maar ons maak maar planne.Ons is eintlik besig om vleisboere te word ,die melk hou net die bankrekening aktief.Die koeie wat ons verkoop bring die geld in. Want sien ons melkboere het soos die houtkapper geraak wat te besig is om hout te kap en nie tyd het om ons byle te slyp nie.So ons byle raak al stomper.
Ek lees Dr. Uys sê ons moet 'n Afrika Mentaliteit ontwikkel.Prakties sal dit beteken ons moet gaan Toi-Toi en ons melk in die straat laat uitloop.Maar ai ons het nie tyd daarvoor nie en aan die einde van die maand het ons alml rekeninge om te betaal.Hoekom het Dr. Uys dan ogehou hoekom het hy nie sy melk in die strate gaan uitgooi nie?Mnr Kleynhans sê die boere sit net.Ek het al 3 jaar terug gevra wat van generiese bemarking?Mnr.Coetzee van die MPO se antwoord was dat die boere nie wil betaal daarvoor nie.Hoe kan ons betaal vir iets as ons nie weet wat dit gaan kos nie?Stel 'n begroting op ,doen marknavorsing en kom terug na die boere toe met 'n begroting en 'n potensiele plan.Daar is 50miljoen mense plus in die land, as elkeen 250ml melk per dag drink is daar nie genoeg melk in die land nie .So ons moet die mense leer melk drink.Melk is op die oomblik goedkoper as gebottelde water.Hoekom het die verbruik in Indië en China toegeneem/Wat het hulle daar gedoen.Vat liewer een maand se begroting vir die Dairymail en stuur kundige mense om te gaan kyk wat het die lande gedoen om die melk verbruik te verbeter.Ja ons het die melkbedryf uit ons hande uit laat gaan,maar dis water onder deur die brug.Daar is ook nie meer mense wat die melkbedryf so goed ken soos bv.Roy Taylor(Voorheen Towerkop) en Louis du Plessis(Voorheen Bonnita)nie.
Verder het die groot Supermarkgroepe te veel mag.Hulle druk die melkkopers so in 'n blik dat hulle nie anders kan as om die produsent min te betaal nie.Die MPO moet eintlik die metodes en druk van die Suermarkgroepe op die Melkkopers aan die mededingings kommissie blootlê of aan die verbruiker verduidelik.Met die invoere is dit hoogs riskant om deesdae 'n eie melkfabriek op te rig.Die groot spelers met hulle ou geld sit net ulle produkte vir 2 weke onder kosprys op die mark en dan byt die klein outjie in die stof.Vra maar vir Protos se manne.
Jy kan net wen as jy die verbruiker aan jou kant het.Ek hoor hoeka daar is 'n skip met 200 ton kaas vir Parmalat op pad.Sou die Somaliërs daarvan weet?..Is die verbruiker al ingelig wat spuit die mense hulle melkkoeie oorsee in?Nee ek vra hulle gereeld,maar hulle weet nie.Gaan vra die Restaurant eienaars hoeveel meer "well-done "biefstukke (Steaks) het hulle verkoop toe die publiek gehoor het van Slenkdalkoors.Die publiek let op na wat hulle eet,hulle moet net inglig word.Miskien moet die MPO hulle laat weet om net Suid afriaanse suiwelprodukte te koop.Moet asseblief net nie sê ek moet iets doen nie.Daarvoor betaal ek my vakbond(Die MPO) elke maand.Ek is 'n Melkboer.
Groete
Hanskalf
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)