|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Die styging van produkpryse sedert Januarie het die kwaai styging van suiwelboere se produksiekoste - veral dié vir mielies - redelik in ewewig gebring. Soveel só dat die boer se aandeel in die verbruikersrand ietwat vergroot het, het dr. Koos Coetzee, landbou-ekonoom van die MPO, op Riversdal gesê.
Hy meen melkproduksie sal na verwagting in 2002/2003 met 3 % daal. Die goeie nuus is egter dat dit uit projeksies blyk dat die publieke koopkrag in dieselfde tyd met sowat 3 % sal styg. Die suiwelinvoerpariteit is gevoelig vir wisselkoers-veranderinge. Daar word egter verwag dat 9 000 ton tot 10 000 ton suiwelprodukte in 2002/2003 ingevoer sal moet word om in die vraag te voorsien.
Verlede jaar is 25 000 ton suiwelprodukte uitgevoer, terwyl 21 000 ton ingevoer is. Dit het van Suid-Afrika 'n netto-uitvoerder gemaak.
By dieselfde geleentheid het mnr. Albert Loubser van die Suiwelstandaarde-agentskap gesê dié organisasie is 'n waghond-organisasie binne die melkbedryf om op die lang termyn die gehalte van melk in die land te verhoog.
Die organisasie het self nie "tande" nie, maar ander instansies word daarvoor ingespan, soos plaaslike owerhede, die Departement van Landbou, die SABS, die kleinhandel en selfs die SAPD.
'n Oortreder kan nie swaarder gestraf word as om sy produk van die winkelrak af te hou nie, het hy gesê.
Gelukkig is by verre die grootste hoeveelheid melk in Suid-Afrika van hoë gehalte - daar is net enkele "vlieë in die salf". Die doelwit is om in die eerste jaar van die Suiwelstandaarde-agentskap 80 % van die land se varsmelk te monitor.
Junie 2002Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24