Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Melkbedryf-aan-die-wankel

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 16:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Is melkbedryf aan die wankel?

 
THEUNS BOTHA

Die onlangse aankondiging dat die land se grootste melkverspreider sy boereprys kort voor die wintermaande gaan verlaag, het die wenkbroue laat lig. Is dit die eerste tekens van krake in die muur van dié reuse-bedryf of dalk net 'n vernuftige bemarkingstrategie? Landbouweekblad het by 'n paar kenners antwoorde gesoek.

Die sterk rand, wat veral kaasuitvoer nadelig raak, grootskaalse mededinging in die binnelandse mark, lae inflasie en 'n melkoorskot is van die redes wat onlangs deur Clover aangevoer is waarom hy genoodsaak was om op 1 April sy boereprys vir melk met 17 c/liter te verlaag.

Die Melkprodusente-organisasie (MPO) sê hy vind die jongste prysdaling op grond van die heersende markfaktore teleurstellend. "Die produsenteprys behoort eintlik te styg omdat ons die winter betree en voorraadvlakke laag is. Die afgelope twee maande het produksie gedaal, vergeleke met dieselfde tyd 'n jaar gelede. Terselfdertyd het invoer afgeneem," sê die MPO se hoofbestuurder, mnr. Bertus de Jongh.

Melkverspreiders in die kusgebied sê egter dat hul melkinname van dieselfde hoeveelheid boere die afgelope jaar in sekere gevalle met tot 20 % toegeneem het. Die daling van die kleinhandelprys vir melk met gemiddeld 80 c/liter die afgelope ses maande, plaas hulle in 'n drukgang.

Landbouweekblad is uitgedaag om by enige supermark in te stap (berig hiernaas) en self te kyk hoeveel ingevoerde kaas en melk met 'n lang raklewe daar op sy rakke is wat met die plaaslike produkte meeding en die verspreiders noop om winste tot op die been te sny.

Dit kos melkverspreiders glo jaarliks miljoene rande vir die voorreg om met die land se drie grootste kettingwinkelgroepe sake te doen. Dié uitgawe sluit nie vervoerkoste en die terugneem van produkte waarvan die vervaldatum verstryk het, in nie.

"As dit by suiwelprodukte kom, is die woorde "Koop Suid-Afrikaans" nie die papier werd waarop dit geskryf staan nie. Baie van diegene wat by die veldtog ingeskakel is, gee klaarblyklik nie 'n duit om van watter lande die produkte ingevoer word nie - solank die prys net laer is," het 'n ontstelde melkboer onlangs op 'n vergadering opgemerk.

Dié beskuldiging is natuurlik nie net tot die suiwelbedryf beperk nie. Ook die tekstiel- en skoeiselbedryf het al meermale hulle lot bekla.

Daar word gesê dat dit vir enige mens in Suid-Afrika moontlik is om op die internet rond te snuffel vir winskopies in melk met 'n lang raklewe en ander suiwelprodukte, dit wettig in te voer, en dan binnelands te verkwansel. Daar is geen invoertarief op dié melk nie. Teen die huidige wisselkoers kan dit teen sowat 50 c/liter laer as die plaaslike produk in Suid-Afrika geland word.

De Jongh sê die rede waarom 'n invoerheffing nie vir melk met 'n lang raklewe geld nie, is die hoë koste om melk, wat hoofsaaklik uit water bestaan, oor lang afstande te vervoer. Dit word gevolglik nie as 'n wesentlike bedreiging vir die plaaslike bedryf beskou nie.

"In die geval van kaas is die speelveld nou gelyker nadat 'n bykomende heffing van 48 % ingevolge die teenstortingsmaatreëls, benewens die basiese heffing van R5/kg, vroeër vanjaar geplaas is op kaas wat deur die Ierse suiwelraad versprei word. Van ander bronne in Ierland beloop die heffing 60,2 %."

Melkverspreiders kla dat uitvoerders in Suid-Amerika reuse-subsidies van bankinstellings daar ontvang as aansporing om buitelandse valuta vir dié lande te verdien. Ook die sterk rand speel nie net in die hande van invoerders nie, maar plaas groot druk op die bedryf, aangesien dit feitlik onmoontlik is om oorskot suiwelprodukte teen 'n wins uit te voer.

Om sake te bemoeilik, word die Suid-Afrikaanse suiwelbedryf in 'n betreklik monopolistiese omgewing bedryf. Daar is minder as 'n handvol supermarkte wat meer as 80 % van die land se suiwelprodukte verhandel en groot druk vir laer pryse uitoefen. Ook die verskaffers van karton, plastiek en palette wat deur die suiwelbedryf benodig word, word deur enkele betrokkenes oorheers. Melkboere is ook aan 'n paar voermaatskappye uitgelewer.

Die sterk mededinging tussen die land se melkverspreiders bring egter mee dat wanneer een van die markleiers sy prys verhoog of laat sak, die res noodgedwonge dié patroon in 'n mindere of meerdere mate volg. Wanneer hulle, soos nou klaarblyklik, mekaar 'n prysoorlog aansê, is dit nie net hul eie wins wat daaronder lei nie, maar staan die primêre produsent ook gevaar om uiteindelik vir die gelag te betaal.

Sommige waarnemers meen omdat Clover se bestuur die toekoms verdiskonteer het deur 'n jaar gelede grootskeeps bates te gelde gemaak het, waaronder sy vloot melkwaens, hoofkantoor en die winkels, dit nou besig is om hom in te haal en tot die prysverlaging kan bydra.

Daar is egter terselfdertyd kommer dat as Clover nies, die hele bedryf verkoue kan kry. Dit is dus verstaanbaar dat dié maatskappy wat sowat 30 % van die land se melkproduksie hanteer, se bemarkingstrategie in die komende weke nie net deur sy mededingers nie, maar ook deur boere fyn dopgehou sal word. Daar is kommer dat as sake nie reg bestuur word nie, die huidige gebeure die bedryf kan seermaak.

De Jongh benadruk dat die suiwelbedryf steeds een van die bestendigste landboubedrywe in die land is. Die huidige onsekerheid kan eerder aan individuele bestuursbesluite gewyt word as aan markfaktore. "Die MPO het daarin geslaag om invoer tot hanteerbare vlakke te beperk. Met suiwelpryse wat internasionaal styg, is die vooruitsigte minstens vir die volgende jaar of twee, belowend," verseker hy.

Vyf sake moet aandag kry

Ingeligtes met wie Landbouweekblad gepraat het, meen die suiwelbedryf behoort veral aan die volgende sake aandag te gee om sy heil te verseker:

  • Swart ekonomiese bemagtiging in die landbou. Diegene wat hulle nie hierby skaar nie, sal vind dat hulle in die toekoms ál meer geïsoleer word. Maatskappye wat nie aan die norme voldoen nie, sal byvoorbeeld nie toegelaat word om suiwelprodukte aan staatsinstellings, soos skole en hospitale, te voorsien nie. Daar sal dus toenemende druk op boere wees om hieraan gehoor te gee.
  • Hoër suiwelstandaarde. Daar is nog te veel suiwelprodukte van minderwaardige gehalte op die winkelrakke. Dit word bereken dat meer as een derde van die melk wat in Suid-Afrika verkoop word, nie aan die minimum standaarde voldoen nie. Dit plaas die verskaffers van produkte van 'n hoë gehalte onder druk.
  • 'n Program om melkverbruik landwyd aan te moedig. As elke mens in Suid-Afrika daagliks net één teelepel (10 ml) méér melk drink, sal dit die verbruik met 500 000 liter per dag opstoot en dus die suiwelbedryf se probleme met oorskotte oplos. In Maleisië en Portugal is besonder geslaagde programme geloods om die bevolking aan te moedig om melk deel van hul daaglikse dieet te maak.
  • Die herinstelling van 'n surplusverwyderingskema vir melk. So 'n stelsel kan meehelp om die pieke tussen die winter- en somermaande uit te skakel en pryse te stabiliseer. In die afwesigheid van 'n Melkraad, moet melkverspreiders só 'n skema vrywillig administreer.
  • Groter samewerking in die bedryf. Die MPO moet hom toespits op onderhandelinge met die regering om die speelveld vir boere gelyk te maak. Melk SA moet betrokke wees om navorsing te koördineer en 'n melkbewustheidsveldtog te begin. Verspreiders moet oorweeg om 'n onafhanklike versameling- en vervoermaatskappy tot stand te bring. Indien melk deur 'n onafhanklike onderneming ingesamel en vervoer word, kan dit die suiwelbedryf jaarliks miljoene rande spaar en help om die kostedruk op produsente te verminder. In 'n vrye mark word vervoer egter tans as mededingende voordeel aangewend.

    Min ingevoerde produkte op rakke

    Landbouweekblad het die uitdaging van 'n melkverspreider aanvaar en die suiwelprodukte op 'n paar winkelrakke in Port Elizabeth bekyk.

    Sowat 90 % van die kaas wat winkels tans op die rakke het, het uit plaaslike produkte bestaan. Dit is waarskynlik te danke aan die invoerheffing wat onlangs verhoog is. Die laagste prys vir plaaslike Cheddar het R29,50/kg beloop. Die prys van 'n verskeidenheid eksotiese ingevoerde kaas het van R78/kg tot R129/kg gewissel.

    Geen ingevoerde UHT-melk was op die rakke van die drie grootste kettingwinkelgroepe wat in die Baai besoek is, te sien nie.

    Daar was egter 'n opvallende prysverskil tussen die produkte van plaaslike verskaffers. Die verskil tussen die duurste en die goedkoopste melk het R1,80 per liter beloop. Ook in die geval van jogurt, room, melkdrankies en vla, was die prysverskille tussen die goedkoopste en duurste produkte vir die verskillende handelsmerke tot soveel as R5,90 per liter.

    Daar moet egter in gedagte gehou word dat die winkelgroepe ook onderling meeding en die verskillende verspreiders se produkte op verskillende tye bevorder.

    22 April 2005

  • 0
     
     
    • 2150 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Gids vir identifikasie van vee
    • Teenvoeter vir Johne

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Land Bank trek na Centurion
    • Aanvangs- en groeimeel vir kalwers
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction