|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Die suiwelbedryf benodig nou sterk leierskap binne die totale suiwelwaardeketting vir oorlewing, sê die Melkprodusente-organisasie (MPO).
Mnr. Dean Kleynhans, voorsitter, sê daar is nie eenstemmigheid in die bedryf oor waarheen die mark op pad is nie. “Hoewel verbruik verlede jaar met 5% gestyg het, het die suiwelbedryf – naas die volstruisbedryf – die tweede laagste styging in sy aandeel in die verbuikersprys aangeteken. Ons hou net nie by inflasie nie. En dit is asof die mark nie die vermoë het om op die styging te kapitaliseer nie,” verduidelik Kleynhans.
Volgens Kleynhans blyk dit of voorspellings wat verlede jaar gemaak is dat die mark sywaarts gaan beweeg, tans gevolg word.
Slegs 2 400 produsente
“Ons het in die 1960’s 80 000 melkprodusente in die land gehad. Vandag is net 2 400 oor, en die bedryf verloor tans een produsent elke dag. As dié neiging homself gaan voortsit, gaan ons oor 30 jaar net 12 groot melkprodusente in Suid-Afrika oor hê,” aldus Kleynhans.
Kleynhans sê geweldige woelinge heers nou in dié bedryf. Baie melkboere oorweeg om hulle diere te verkoop omdat hulle nie meer winsgewend kan boer nie, en sommige melkkopers weier om hulle pryse aan boere te verhoog. “Ons het tans ‘n gemeenskaplike siening en ‘n allesomvattende strategiese plan vir die bedryf nodig.”
Verkoop melkbeeste ná 35 jaar
Intussen het me. Wilma Swanepoel, wat die afgelope 35 jaar ‘n melkboer in die Bothaville-distrik is, Donderdag, 2 Februarie, haar Ayrshire-kudde op ‘n veiling verkoop. Altesaam 180 diere is aangebied.
Mnr. Jan Mosterd, ‘n afslaer van BKB, sê Swanepoel het dié stap geneem omdat dit nie meer vir haar moontlik is om die koste van melkproduksie met die geld wat sy per liter ontvang te delg én ‘n bestaan te kan maak nie.
“Sy is een van die beste melkboere wat ek ken,” vertel Mosterd. Swanepoel gaan haar nou op vleisbeesboerdery toespits.”
3 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Dean, hoekom sou jy se dat die suiwel bedryf NOU juis sterk leierskap soek.... Het die bedryf dit nie al lankal nodig nie en moet die MPO nie die leiding neem in die leierskap nie?
Gielie, jy praat en praat en praat net en daar kom niks van jou gepraat nie. Jy het dan n ruk terug geskuif na die grootste melk**** in die Suid Kaap... Hoekom? Hoekom kom jy nie reg by Morning milk of Jireh nie? Hulle betaal baie meer, en ek se baie meer as jou koper. Jy sal by hulle R3,40 per liter kry voor jou Februarie verhoging (30sent). Jou koper gaan jou altyd aan die neus lei en jy gaan altyd 2 of 3maande later n verhoging kry as die ander kopers. Jy sal eerste n verlaging kry by jou bestaande koper. Is jy tevrede met jou huidige BV, Pro , SST en Bak toetse... nee ek dink nie so nie want daar is ook 20sent verlies op die toetse.
Die bottom line is dat jy nie jou regmatige deel by jou bestaande koper sal kry nie. Almal wat weg is by hom lag al die pad bank toe.
Leiers mag die prbleem wees MAAR die produsente is te onbetrokke. Die huidige verhogings kalmeer die gemoedere tot die volgende verlaging in produsente prys. Wat nou moes gebeur het is dat die verhoging gekoppel moes gewees het aan of verlede jaar se produksie of 'n persentasie deel daarvan. Die prys wat die produsent dan kry moet 'n waarborg wees vir die toekoms. Hy sal bv. nooit weer minder as sy Februarie 2012 prys kry nie. Vir sy surplus melk moet op 'n maandelikse of 3 maandelikse basis onderhandel word.Ons gaan weer te veel melk produseer. Sampro slaag daarin om sy lede te kry om nie die pryse drasties opwaarts aan te pas nie. Dit gaan hulle nog duur te staan kom. Op watter data is Sampro se voorspellings gegrond?
Die kettingwinkels is nie ons groot gevaar nie. Die verwerkers wat ons melk koop gee ons nie ons regmatige deel nie.
Solank die produsent nie sy eie melk verwerk nie sal hy altyd 'n prysnemer bly en solank produsente nie saamstaan en sy mede produsent ook inagneem nie sal die bedryf op die plase ook nie floreer nie.
Dit is so waar dat melkboer leierskap kort want die MPO en Melksa kan dit nie doen nie want hulee is in die bed met die melkverwerkers en supermarkte. Melkboere moet onder hulle self leiers kry wat die totale verbod op melklewering van produsente kan koordineer totdat boer 'n basieseprys van R4 per liter kry, tot tyd en wyl verlaat boere die bedryf en sal ons aan die verwerkers en kettingwinkels uitgelewer word.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)