Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Melkboere-werk-saam-en-oorleef

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 16:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Melkboere: Werk saam en oorleef

 
Deur MARLEEN SMITH

Melkboere wat nie manalleen kan uitbrei nie, moet ter wille van oorlewing in groepe begin saamwerk.

Dít was die boodskap op die Vrystaatse kongres van die Melkprodusente-organisasie (MPO) in Bloemfontein. Dié beroep kom te midde van een van die ergste laagtepunte waarin die bedryf homself nóg bevind het.

Koöperasies
Mnr. Bertus de Jongh, besturende direkteur van die MPO, het gesê die melkbedryf se “knak” het begin toe koöperasies daarmee heen is. “Dit was die regte ding om die rade (met deregulering van die landbou in die 1990’s) toe te maak, want hulle het politieke meganismes geword. Maar die grootste slag was toe ons ons koöperasies verloor het,” het hy gesê.

Hy het daarop gewys dat melkprodusente in ’n kommoditeitsbedryf is. Die aard van só ’n bedryf is dat ’n derde van die verskaffers gewoonlik goed doen, die middelste derde doen redelik, en die onderste derde dink aan uitverkoop. As die bedryf in ’n swak ekonomiese siklus is, is daar gewoonlik meer verskaffers aan die onderpunt.

Die laaste groep is aan die “roofdiere” van die vrye mark uitgelewer. Die groot daling in die getalle van Suid- Afrikaanse melkboere – vanaf 30 000 in die 1980’s tot 2 600 tans − duur steeds voort. De Jongh voorsien nie dat dit noodwendig gou gestuit gaan word nie, maar hy benadruk dat die daling ook met ’n verskuiwing na mededingendheid gepaardgegaan het.

Mededdingend
Terwyl Suid-Afrika se melkboere nie in die 1980’s met hul eweknieë in die res van die wêreld kon meeding nie, is dié wat nou oorgebly het, wel mededingend. “Ons produseer vandag teen van die laagste produksiekoste ter wêreld.” Die land se melkproduksie het ook toegeneem − vanaf 1,9 miljard liter in 2002 tot 2,7 miljard liter vanjaar.

"Die gemiddelde produksie per boer is ’n bietjie meer as 3 000 liter per dag en 16% van ons boere produseer meer as 8 000 liter per dag. Hierdie 16% se gemiddelde produsenteprys is 25% hoër as wat die groep boere verdien wat minder as 1 000 liter per dag produseer.

"Daarom moet boere wat nie self kan uitbrei nie, groepe begin vorm wat saam hul melk lewer om groter bedingingsmag te hê. “Dit is die reëls van vandag se spel: Jy móét prysonderhandeling-vermoë hê,” het De Jongh gesê.

27 Augustus 2011

0
 
 
  • 1097 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • AfriForum takel Zimbabwe
  • Burgers sal 'self grond herverdeel'
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction