Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Melkprys-ry-wipplank

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 16:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Melkprys ry wipplank

 
Deur ALANI JANEKE en SUSAN BOTES

Die land se aanbod van vars melk sal waarskynlik redelik konstant bly, maar dit keer melkverwerkers nie om hul pryse in alle rigtings aan te pas nie.

Mnr. Melt Loubser, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie, sê dat die melkmark tot die einde van die jaar sywaarts sal beweeg wat volume betref.

“Statistieke Suid-Afrika se syfers dui daarop dat daar nie ’n aanbod-probleem is nie. Die volumes is selfs ’n bietjie hoër as verlede jaar. Daar is wel onsekerheid oor wat aan die verbruikerskant gebeur.”

Wêreldwyd is suiwel besig om sywaarts te beweeg, sê Loubser. Ten spyte daarvan het al die melkverwerkers met wie Landbou.com gesels het, hul prys op- of afwaarts aangepas.

Die lyk of die onlangs genoteerde Clover die enigste melkverwerker is wat sy prys afwaarts aangepas het. Sy plaashekprys is onlangs met vyf sent per liter verlaag. Al die ander verwerkers met wie Landbou.com gesels het, se pryse is opgestoot.

Parmalat SA het sedert 1 April hul pryse aan produsente met 20c tot 25c per liter verhoog. Mnr. André van Heerden, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Melkprodusente-organisasie, sê hulle is baie bly dat hulle ná maande lange onderhandelinge op die verhoging ooreen kon kom.

Hy sê boere in die Wes- en Suid-Kaap kry nou 20 sent meer vir elke liter melk wat hulle lewer, terwyl boere in die Oos-Kaap 25 sent meer per liter melk verdien. Parmalat het verlede jaar verskeie verlagings aangekondig. Sommige boere het uiteindelik tot 66 sent minder per liter melk verdien.

Intussen sê mnr. Leon Conradie, ’n raadgewer van Lancewood, hulle het in Januarie 2011 hul pryse aan boere met 10 sent per liter melk verhoog. Dié maatskappy het vroeër ook ’n winterpremie-verhoging aangekondig, maar dit is nooit deurgevoer nie.

Conradie sê daar is tans ’n oorskot suiwel in die mark, want hulle kry nie die pryse vir hul produkte wat hulle moet nie. “Dit is veral wat melk en kaas betref. Die probleem is dat kleinhandelgroepe steeds produkte invoer.”

Hy sê hulle sal die mark in die komende maande fyn dophou om te bepaal of hulle weer verlagings moet instel. “In hierdie stadium word verlagings egter glad nie oorweeg nie.”

Die maatskappy het verlede jaar verskeie verlagings aangekondig, wat in sommige gevalle tot ’n verlaging van 80 sent per liter vir sommige boere gelei het.

Dr. Ferdi Meyer, ’n landbou-ekonoom van die Universiteit van Pretoria, sê dit is interessant dat Clover se pryse in ’n teenoorgestelde rigting as die ander verwerkers s’n aangepas word. “Hoekom lyk Clover se waardeketting anders? Hulle deel immers dieselfde wisselkoers en produsente as die ander verwerkers. Dit kan wees dat hulle kliënte wil wen, of nie omgee om ’n paar melkprodusente as verskaffers te verloor nie. Ek kan nie werklik sê nie, omdat ek nie soveel kundigheid oor dié bedryf het nie.”

’n Kenner van die melkbedryf het intussen aan Landbou.com genoem dat dit moontlik is dat al die verwerkers hulself net meer op dieselfde vlak gekry het wat pryse betref.

Suid-Afrika se totale suiwelverbruik het verlede jaar gestyg ten koste van die gemiddelde prys van suiwelprodukte.

29 April 2011

3
 
 
  • 1603 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Alwyn Hanekom 
29 Apr 2011 19:50

As jong melkboer in die weskaap verkeer ons kontantvloei onder geweldige druk.Voerprys is reeds 30c/l op.Melkprys is 25c/l af vanaf Oktober se prys.Lusern is 4c/l.Ek praat nie eers van diesel nie.Prysverhogings moet nou deurkom,ons kan net soveel houe vat.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Boere klim Mbeki in op Agri SA-kongres
  • Huur plaas, of koop plaas?
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction