|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Die bekende veekundige dr. Andre Mentz het as lid van die SA Vereniging vir Veekunde (SAVV) en die SA Raad vir Natuurwetenskaplike Beroepe (Sarnap) bedank.
Dit volg slegs enkele weke nadat Mentz (outeur van die omstrede boek Beesboerdery en Veekunde - ’n Holistiese Benadering) ’n skikking bereik het met die Sarnap wat hom dissiplinêr oor sekere stellings in sy boek aangekla het.
Mentz sê ná dié gebeure en die “onprofessionele wyse” waarop hy behandel is, is dit vir hom onmoontlik om tot ’n organisasie te behoort waar “reg en geregtigheid” nie geskied nie.
Bewerings 'onwaar'
In sy bedankingsbrief skryf hy onder meer dat dit “onwaar is dat die tribunaal wat die saak verhoor het, bewys het dat hy die gedragskode van die twee verenigings verbreek het”. Hy maak ook beswaar dat die Sarnap hom na bewering wil “inperk” om met die media oor die saak te praat.
Mentz het aan Landbouweekblad gesê dat hy nog baie het om in belang van die veebedryf te openbaar en verdere studies rakende die welslae van boere wat ’n holistiese bestuursbenadering volg, gaan doen.
“Ek wil dit kombineer met nagraadse studies aan die Universiteit van die Vrystaat se sentrum vir volhoubare landbou,” het hy gesê.
16 November 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
O flop, nou is Mentz se mond nie meer gesnoer nie en gaan ons weer aan sy tierades teen almal en alles blootgestel word. Alias Malema lyk dit my dit is onmoontlik om hom stil te kry.Dit is jammer dat hy so verbitterd teen alle wetenskaplikes is, want hy het eintlik goeie idees. Hy is egter nie al wetenskaplike wat iets weet nie, al dink hy bleikbaar so.
Keep rocking the boat Dr Mentz.All this infighting doesn't help farmers think differently, I think you are right to leave it behind. I am the 4th generation to farm on my family farm. My staff would dearly like to continue farming like my father did, but that just isn't possible.
Dit is met spyt dat die Suid Afrikaanse Vereniging vir Veekunde kennis neem van dr Mentz se besluit om te bedank van die SA Vereniging vir Veekunde en die professionele registrasie owerheid (SARNP)in die kategorie Veekundige wetenskappe. In Veekundige geledere het ons uigesien na 'n positiewe wending in die saak. Dit beteken ook ongelukkig dat die veekunde professie 'n veekundige verloor het aangesien dr Mentz nie meer as Veekundige mag praktiseer nie. SARNP sal na alle waarskynlikheid reageer op die berig en ook oor dr Mentz se bewerings oor die dissiplinere verhoor. Daar is in 'n vorige uitgawe van Landbouweekblad 'n opsomming verskaf van die pleitooreenkoms wat bereik is tussen SARNP en dr Mentz en wat vrywiliglik onderteken is deur dr Mentz (lesers kan dit gerus weer gaan lees). Die nuutste optrede stryk nie met dr Mentz se belsuit en die ooreenkoms wat bereik is tussen hom en SARNP nie. Byde die SA Vereniging vir Veekunde en SARNP het alles in hul vermoe gedoen om billik en regverdig op te tree.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)