|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
'n Vrystater, mnr. Eddie Prinsloo, voorste Merino-stoetteler en bekende in wolkringe, is vanjaar se nasionale Boer van die Jaar.
Hy het dié gesogte toekenning van die Landbouskrywersvereniging van Suid-Afrika en Sasol Nitro in Bloemfontein ontvang, waar die vereniging sy jaarlikse toekenningsgeleentheid gehou het. Dr. Heinz Meissner, direkteur van die LNR se Instituut vir Dierevoeding en -produkte by Irene, is die nasionale Landboukundige van die Jaar.
Mnr. Prinsloo was die streekfinalis vir die Landbouskrywersvereniging se Sentrale Streek (Vrystaat en Noord-Kaap). Hy het in die eindronde te staan gekom teen mnr. Edmond Rouillard, suiker-, wild- en beesboer van Pongola en finalis van die Noordelike Streek (Gauteng, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Limpopo en Noordwes), adv. Gesie Lategan, wynboer van die Paarl en Wes-Kaapse finalis, en mnr. Lynn James, Merino- en Brangusboer van Queenstown en Oos-Kaapse finalis.
Dr. Meissner se teenstanders in die eindronde was dr. Brian de Villiers, hoofnavorser in onkruidbeheer van die LNR se Kleingraaninstituut op Bethlehem (Sentrale Streekfinalis), dr. John Mildenhall van Fort Beaufort, voormalige hoogleraar van die Universiteit van Fort Hare en deesdae boer en raadgewer van die Katrivier-sitruskoöperasie (Oos-Kaapse finalis), en dr. Danie Barry, senior dosent in dierefisiologie en navorser van die Universiteit van Stellenbosch (Wes-Kaapse finalis).
21 November 2003Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24