25 Mei 2011

1089 keer gelees | 1 kommentaar

Die saak teen ’n witmielie-meulenaarskartel kom Donderdag (26 Mei) voor die Mededingingstribunaal wanneer een respondent vrystelling sal vra.


Die saak teen ’n witmielie-meulenaarskartel kom Donderdag (26 Mei) voor die Mededingingstribunaal wanneer een van die 17 respondente, Paramount Mills, sal vra dat die saak teen hom laat vaar word. Luidens ’n verklaring is die saak in Maart verlede jaar na die tribunaal verwys. Die Mededingingskommissie het die saak sedert 2007 ondersoek.

Paramount Mills voer twee redes aan vir sy aansoek om die saak teen hom te laat vaar:

Eerstens meen hy die klag is ongeldig aangesien die kommissie die saak glo aanhangig gemaak het drie jaar ná die knoeiery na bewering plaasgevind het, wat teenstrydig met die Mededingingswet is.

Tweedens voer die meulenaar aan, in die lig van onlangse bevindinge wat die Mededingingsappélhof en die Appélhof teen die kommissie gemaak het, dat die klag teen hom nie behoorlik opgestel is nie. Hy ontken ook enige betrokkenheid by sulke aktiwiteite.

Die kommissie se standpunt
Die kommissie glo dat hy al die nodige wettige stappe gevolg het tydens die samestelling van sy saak teen Paramount Mills. Hy het die tribunaal ook gevra om nie die meulenaar se versoek toe te staan nie.

Die tribunaal kan óf in meulenaar se guns bevind en die saak uitgooi óf die kommissie beveel om sy saak aan te pas. Alternatiewelik kan die aansoek van die hand gewys word, waarna die saak sal voortgaan.

Die broodkartelsaak?
Die ondersoek is onderneem ná Premier Foods tydens die broodkartelsaak aangedui het dat die kartelaktiwiteite ook in hul koring- en mieliemeel-afdeling voorgekom het.

Die ondersoekspan het bevind dat die respondente prysstrukture bespreek het en besluit het op prysstygings en wanneer die stygings ingestel sou word. Dit het deur middel van vergaderings en telefoonoproepe plaasgevind.

Die ander meulenaars wat by die ondersoek betrokke is, is Pioneer Foods, Foodcorp, Godrich Milling, Progress Milling, Pride Milling, Westra Milling, Brenner Mills, Blinkwater Mills, TWK Milling, NTK Milling, Carolina Mills, Kalel Foods, Bothaville Milling, Keystone Milling, Premier Foods en Tiger Brands.

25 Mei 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Benadeelde

2011/05/25 05:50:00 PM

Skaf die liggingsdifferensiaal in die Safex-kontrak af! Hy is die gelykmaker in die mark. Eers dan sal die mark vry wees van hierdie geknoeiery. Hy sal produk moet soek en daarvoor moet betaal, by hom gelewer. Kan onmoontlik nie dan nog dieselfde prys teen vekoop nie?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights