|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Mielieboere moet gesamentlik optree om te sorg dat die komende drie seisoene beter is as die afgelope seisoen.
Mnr. Jozeph du Plessis, voorsitter van Graan SA se Schweizer-Reneke-streek, sê as mielieboere nie as ‘n geheel besluit om die land se produksie volgende jaar te halveer nie, gaan baie boere nie finansieel kan voortbestaan nie.
Hy sê die helfte van die land se oes vir volgende jaar lê reeds in die silo’s. “Dis ‘n groot probleem wat mielieboere in ag moet neem as hulle aanplantings beplan.”
Du Plessis was een van die sprekers tydens ‘n konferensie oor die mieliekrisis wat deur Solidariteit in Pretoria aangebied is.
Moontlike oplossings?
Volgens Du Plessis kan produsente niks doen aan die wêreldpryse of wisselkoerse wat graanpryse beïnvloed nie. Hy stel egter een oplossing voor. “Dink buite die boks en koop ‘n groot gedeelte van die graan wat tans beskikbaar is aan, en verkoop dit wanneer die prys weer styg om die verlies van die huidige oes te kan delg.”
Sou die produsente nie gesametlik optree nie, sê Du Plessis sal ‘n derde tot ‘n kwart van die land se mielieboere na volgende jaar se seisoen uitgeroei wees.
Du Plessis sê die meeste boere benodig tans tussen R300 en R450 per ton om hul kostes te dek.
Wat kan Regering doen?
Prof. Johan Willemse, landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, het tydens die konferensie opgemerk dat die Amerikaanse regering ‘n omgewing geskep het wat die gebruik van mielies vir etanol bevorder. “Nuwe markte moet in Suid-Afrika geskep word, soos ‘n etanolmark. Die Amerikaanse boere produseer elke jaar meer en hulle is suksesvol.”
Gebrekkige infrastruktuur, soos treinvervoer wat nie behoorlik gebruik word vir vervoer en gevolglik uitvoere nie, is nog ‘n groot uitdaging, sê Willemse.
Die ongunstige uitwerking van die huidige krisis op werksgeleenthede in landelike gebiede is ook deur beide sprekers benadruk.
27 Augustus 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Vrydag het die konferensie plaasgevind. Kry al die klank van die dag van die verskillende sprekers op die Solidariteitblog: http://www.solidariteit-blog.co.za/sal-ek-mielies-plant-die-volgende-sei...
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)