Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Mielies-17

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 16:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

MIELIES

 

Internasionaal

: Die Amerikaanse opbrengs kan naby die gemiddeld op lang termyn wees aangesien dit in sommige gebiede te nat en in ander te droog was. Tog vergroot die opbrengs daagliks. 'n Klein afname in die syfer van goeie tot uitstekende mielies is moontlik. Die Argentynse regering het boere gewaarsku om nie te afhanklik te raak aan sojaboonverbouing nie en hulle is aangespoor om aanplantings van ander oliesade en mielies in die toekoms uit te brei. Die meeste deelnemers wag om tot die mark toe te tree en die moontlike groot Amerikaanse oes is die rede hiervoor. Amerika se uitvoerverkope is nie goed nie. Die vooruitpryse van mielies op die Chicago Graanbeurs het laer gesluit, waarskynlik weens faktore wat dui op kleiner verhandeling, die goeie weervooruitsigte en groter opbrengs. 'n Daling in die prys is moontlik as die weerpatroon nie drasties verander na warm en droë weer nie. Die daling in die prys van sojabone het ook tot 'n daling in die mielieprys bygedra.


Plaaslik

: Die Oesskattingskomitee se sesde skatting vir mielies het nie veel verander nie. Dit kontrasteer met die siening van ander betrokkenes wat nie net 'n groter oes verwag nie, maar ook veranderinge in die aantal hektare geplant voorstel. Dit is veral die belanghebbendes in die mark vir oliesade wat bekommerd is oor die skatting. 'n Grootskaalse ommeswaai na die verbouing van grondbone kan daardie bedryf skade berokken. Die sojaboonbedryf kan egter taamlik dramaties uitbrei sonder enige probleme van oorproduksie. Die voorstel is dat daar eerder gekyk word om sojaboonproduksie uit te brei aangesien daar jaarliks groot hoeveelhede ingevoer word. Soos in die res van die wêreld is die plaaslike kopers van mielies nie juis gretig om te koop nie aangesien hulle vir verdere prysverlagings wag. Daar is begin om mielies uit te voer, maar die weeklikse gemiddeld van ongeveer 13 000 ton is nie genoeg om 'n verskil aan die voorraad en die prys in die binneland te maak nie.

KORING


Internasionaal

: Die toestand van die Amerikaanse lentekoring-oes het skerp afgeneem en slegs 67 % is goed tot uitstekend, teenoor 38 % verlede jaar. Volgens een bron is Amerika se oes besig om groter te word, terwyl die Europese Unie se oes al hoe kleiner word. Die oesproses van winterkoring in Amerika is sowat 81 % voltooi. Die prys van Amerikaanse koring het gedaal weens die groter oes en die goeie toestande, maar daar is eenstemmigheid dat die prys nie juis verder sal daal nie.

Plaaslik

: Die tekort aan vog in die meeste van die koringproduksiegebiede is die grootste probleem, veral in die Swartland. Daar is aansoek gedoen vir 'n verhoging in die invoertarief vir koring. Die prys van koring is besig om te styg en 'n moontlike hoër tarief is dalk hiervoor verantwoordelik.

SOJABONE


Internasionaal

: Die prys van sojabone het, net soos die meeste ander bedryfsitems, die afgelope ruk verder gedaal. Gunstige en deels uitstekende toestande in Amerika se produksiegebied is grootliks verantwoordelik vir hiervoor. Uitstekende opbrengste word verwag en die volgende twee weke is die kritieke tyd, want dan benodig die plante die meeste vog. 'n Daling in die vraag word in Julie tot September verwag, maar 'n stewige groei in vraag word vir die 2003/04-seisoen in die vooruitsig gestel. 'n Groter as verwagte groei in die ekonomie het die vraag na sojabone en sy produkte in China aangehits. 'n Daling in die prys van sojabone die nuwe seisoen is egter moontlik weens die groot oeste in Suid-Amerika en Amerika.

Plaaslik

: Die sesde produksieskatting vir somergewasse is pas bekend gestel, maar die Oesskattingskomitee het geen verandering aan die produksiesyfers van sojabone aangebring nie. Die binnelandse prys bly sowat R2 000 per ton met invoerpariteit effens hoër.

SORGHUM


Die sesde oesskattingsyfer dui op 'n klein toename in die produksiesyfer.


SONNEBLOM


Die internasionale produksiesyfer van sonneblomsaad sal na verwagting in die 2003/04-seisoen die beste in vier jaar wees. Dit sal die wêreldwye voorraad na die hoogste vlak in vier jaar opstoot. Die internasionale prys van sonneblomsaad het gedaal, maar verskil nie veel van die prys van 'n jaar gelede nie.


VISMEEL


Die prys van vismeel het gedaal -- ten spyte van die daling in bronne. Die daling in produksie kan in 'n groot mate toegeskryf word aan die kleiner Chinese vraag wat groot hoeveelhede soja en sojaprodukte invoer. Die eindvoorraad van vismeel vir 2003/04 is die laagste die afgelope vyf seisoene.


GRONDBONE


Die internasionale oes kan vanjaar die tweede grootste in vyf seisoene wees. Die grootste styging in produksie word in Indië verwag. Ten spyte van die feit dat sy produksie nie gaan styg nie, bly China steeds die grootste boer. Hierdie gunstige vooruitsigte gaan afwaartse druk plaas op die voorraad van die vorige seisoen -- waarskynlik van Augustus as toestande só gunstig sou bly.


KATOEN


Hoewel die verskillende lande se produksiesyfers vanjaar anders vertoon (die een is op en die ander af) het internasionale produksie aansienlik toegeneem van 33,3 miljoen tot tot 36,2 miljoen ton. China het die grootste oes in 12 jaar afgehaal en oordragvoorraad in 2003/04 kan (uitgesonder 2001/02) die hoogste in vele seisoene wees.


BEESVLEIS


Ligte speenkalfpryse het in die week van 18 Julie nie veel verander nie. Die aanbod het toegeneem weens die droogte in sommige van die produksiegebiede. Die huidige prysvlak behoort in die komende week gehandhaaf te word. Die prys van beesvleis het met gemiddeld 2,8 % gestyg weens 'n kleiner voorraad. In die eerste twee weke van Julie is ongeveer 30 % minder beeste as 'n jaar gelede geslag. Die grootste prysstyging was by klas A2/A3 (3,6 %). Die gemiddelde prys van klas A2/A3's is ongeveer 5,5 % laer as in dieselfde tyd 'n jaar gelede. Pryse behoort in die komende week nie veel te verander nie, maar 'n effense styging is moontlik.


SKAAPVLEIS


Skaapvleispryse het met gemiddeld 2,1 % gestyg teenoor die vorige week. Dié neiging was hoofsaaklik by die top-klasse, met die grootste styging by klas A2/A3 (1,5 %). Die prys van klas C2/C3 het met 0,3 % gedaal. Die prys van klas A2/A3 is 2,1 % laer as in dieselfde week 'n jaar gelede. In die eerste twee weke van Julie is ongeveer 39 % minder skape as 'n jaar gelede geslag. Pryse kan effens daal.


WOL


Die nuwe wolseisoen begin weer op 20 Augustus.


VARKVLEIS


Die prys van varkvleis het met gemdideld 1,2 % gedaal teenoor die vorige week en is 4,6 % hoër as in dieselfde week 'n jaar gelede. Dit wil lyk asof 23 % minder varke in die eerste twee weke van Julie geslag is teenoor die syfer van 'n jaar gelede. Varkvleispryse kan in die komende week verder daal, maar die huidige prysvlakke kan ook gehandhaaf word.


VOLSTRUISE


Die pryse van dag oud kuikens, voëls van 3 maande en 6 maande oud en slagvoëls het onveranderd gebly. Die pryse van graad 1-vel en volstruisvleis is ook onveranderd teenoor die vorige week. Pryse sal waarskynlik in die komende week dieselfde bly.


BRAAIKUIKENS


Die prys van bevrore hoenders het basies dieselfde gebly teenoor die vorige week en is 0,3 % laer as dieselfde week 'n jaar gelede. Die aanbod is normaal, maar die vraag bly traag. Pryse behoort nie in die komende week veel te verander nie.


AARTAPPELS


Die prys op die Johannesburgse mark het in die week van 18 Julie met 9,7 % gedaal teenoor die vorige week en is 21,6 % laer as in dieselfde tyd verlede jaar. Verkope het met 7,2 % toegeneem en is 18,4 % meer as dieselfde week verlede jaar. Die voorraad is besig om toe te neem. Die gehalte is uitstekend (Wes-Vrystaat) tot gemiddeld en swak (Oos-Vrystaat). In die komende week kan die prys styg.


KOPKOOL


Op die Johannesburgse mark het die prys met 22,7 % teenoor die vorige week gedaal en dit is 4,2 % laer as 'n jaar gelede. Daarteenoor het verkope met 15,1 % toegeneem en is dit 1,8 % meer as in dieselfde week 'n jaar gelede. Die gehalte is goed en die mark is goed voorsien. Die prys kan daal.


WORTELS


Die prys op die Johannesburgse mark het met gemiddeld 10,3 % gedaal en verkope het met 8,8 % afgeneem. Die prys is 35,1 % hoër as in dieselfde week 'n jaar gelede, terwyl die verkope 5,8 % meer is. Die gehalte is goed en die mark is goed voorsien. In die komende week behoort die prys verder te daal.


UIE


Op die Johannesburgse mark het die prys met gemiddeld 9,6 % gestyg teenoor die vorige week, terwyl die verkope met 6,3 % afgeneem het. Die prys is 11,9 % laer as in dieselfde week verlede jaar, terwyl die verkope 4,3 % meer is. 'n Effense daling in die prys is moontlik.


TAMATIES


Die prys op die Johannesburgse mark het met 6,8 % gestyg teenoor die vorige week. Verkope het met 6,3 % toegeneem. Die prys is 97,3 % hoër as in dieselfde week 'n jaar gelede, terwyl die verkope 19,3 % minder is. Die prys kan daal.

Die inligting oor grane en olie is deur Francis Jurgens verskaf, terwyl Pieter Cornelius die inligting oor vee en groente verskaf.

1 Augustus 2003

0
 
 
  • 2033 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Gebakte klapperroomkaramel
  • Groentekerrie
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction