Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Miljoene-vir-landbounavorsing

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 16:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Miljoene vir landbounavorsing

 
Deur JOHAN COETSEE

Die Wes-Kaapse departement van landbou gaan vanjaar R63 miljoen net aan navorsingsprojekte spandeer, en hy sal alles in sy vermoë doen om steeds meer geld vir hierdie doel in die toekoms te beding, het mnr. Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou, in George gesê.

Van Rensburg was die genooide spreker tydens ’n inligtingsdag wat by die Outeniqua-proefplaas van die departement buite die dorp gehou is. Hy het gesê terwyl die politiek en makro-ekonomie oorhoofs aanbeweeg, moet boere winsgewend kan boer. En dit is waar die rol van navorsing so belangrik is.

Eerstens skep navorsing beleggersvertroue. Sou boere nie die opsie om in die Kongo met suiwel te gaan boer, soveel sterker oorweeg het as daar reeds ’n gevestigde navorsingsinfrastruktuur bestaan het wat gefokus het daarop? Wanneer ’n regering in navorsing belê, skep dit die beeld van langtermyn-beplanning en stabiliteit, het hy gesê.

’n Artikel het onlangs verskyn wat verwys na ’n verslag oor multi-nasionale firmas wat besig is om in Afrika plantgene te patenteer om dit in die toekoms teen ’n wins te bemark as moontlike antwoord op klimaatsverandering. Die les te leer uit dié tipe internasionale strategiese optrede is dat as “jy nie self op eie bodem navorsing doen nie, jy die gevaar loop om eendag plaaslike kennis by ’n oorsese firma te moet koop”.

Wat die rampfondse vir die 2007-oorstromings betref wat landbouskade van R72 miljoen berokken het, is dié syfer deurgegee na die nasionale Departement van Landbou. Daar is egter afgewyk van die voorgeskryfde prosedure, en die voorlegging wat aan die Tesourie gemaak is, is verwerp.

“Dit is steeds waar ons vandag sit. My departement probeer al die afgelope 18 maande om antwoorde te kry vanaf die Tesourie, maar ek kan vandag steeds nie vir u goeie nuus gee nie. Ons kan net hoop dat die saak weer aandag sal geniet wanneer die aanvullingsbegroting aan die einde van die maand voorgelê word,” het Van Rensburg gesê.

Hy het gesê dit is ironies dat nog met vloedskade gespook word terwyl die Suid-Kaap is van die ergste droogtes in menseheugenis se greep is.

Gelukkig het die land nou weer ’n nasionale minister van landbou wat die kommersiële landbou goedgesind is, en ’n president wat hom uitgee as iemand met ’n oop deur, het hy gesê.

12 Oktober 2009
 

0
 
 
  • 1609 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Bestryding van Indringerplante
  • Landbouweekblad, 1 Junie 2012
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction