|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Die feit dat Agri SA die resolusies van die nasionale plaaswerkersberaad verwerp en uitgestap het, is teleurstellend en kommerwekkend, sê die Ministerie van Landbou, Bosbou en Visserye.
Luidens ‘n verklaring sê die ministerie hy was verras deur dié optrede, veral omdat dit voor al die afgevaardigdes by die beraad plaasgevind het.
Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, het na die resolusies voorgelees is die podium betree en aangekondig dat sy organisasie nie dié resolusies kan aanvaar nie en dat hy homself van die beraad onttrek.
Resolusies beeld behoeftes van meerderheid uit
Volgens die verklaring meen die departement Agri SA moet aanvaar dat die resolusies die behoeftes en sieninge van die meerderheid van die afgevaardigdes by die kongres uitbeeld. Die departement mag nie plaaswerkers hul demokratiese reg ontneem om hul ontevredenheid met sake uit te spreek nie.
“Ons was die eerste om die groot werk wat Agri SA en van hulle progressiewe lede, wat al baie gedoen het om die lewens van plaaswerkers te verbeter, te erken,” lui die verklaring.
Die ministerie het die National Farmers’ Union (Nafu) en die TLU SA bedank dat hulle die beraad tot aan die einde bygewoon het. Mnr. Jan Viljoen, voorsitter van die TLU SA Limpopo, het wel ook aangekondig dat sy organisasie ook nie die resolusies kan aanvaar nie.
Möller en mnr. Joe Gondo, voorsitter van Nafu, het elk ‘n spreekbeurt by die beraad gekry.
Lees ook:
Tina: ‘Nie alle boere is sleg nie’
Plaaswerkersberaad: Agri SA onttrek
Grond: 50:50 skemas werk - Zille
Zuma soek plan vir plaaswerkers
Tina stig fonds oor diskriminasie
2 Augustus 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
So bekommerd is die plaaswerkers oor hulle werk dat ek vanoggend weereens 50% bywoning gehad het, want die kindertoelaes en persione is vandag uitbetaal. Ek moet my kant reghou maar van die werker se kant kom daar niks nie, hy is nie gebind deur enige kontrak nie. Ek die boer bly die vark in die verhaal.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)