|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Plaaswagte gaan misdaad in Limpopo saam met die SA Polisiediens vasvat.
Binne minder as ’n week is ’n tweede plaasaanval in die noordelike gebied van die provinsie kortgeknip toe talle boere op radioboodskappe gereageer en onmiddellik paaie afgesper het.
Twee aanvallers wat op Mokolo Safari’s naby die Zanzibar-grenspos toegeslaan het, is deur die SAPD voorgekeer. Een van die aanvallers is aangekeer en een het weggehardloop.
Die eienaar van Mokolo, wat aansterk ná ’n operasie, is saam met nog ’n inwoner erg aangerand. Die aanvallers het ’n hond wat in die huis geslaap het, met knopkieries doodgeslaan.
Die week vantevore is die vermeende moordenaar van mnr. Jan Potgieter van Marken met behulp van plaaswaglede en die SAPD aangekeer voordat hy kon wegkom.
Die gerganiseerde landbou het die SAPD in albei gevalle geloof vir sy vinnige optrede en die noodsaak van radioverbinding in die suksesvolle bekamping van misdaad beklemtoon.
27 Oktober 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)