|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
‘n Boer van Wellington was in die bestek van ‘n week twee keer die teiken van misdadigers. Luidens ‘n berig in die Paarl Post is mnre. Eugen Ramsauer, sy broer Johan en Marno Gerber verlede Sondag (31 Januarie) beseer toe twee mans hulle met ‘n mes en stok getakel het. Ramsauer boer op die plaas Driefontein.
Twee verdagtes, en ‘n man en ‘n vrou wat hulle glo gehelp het, is kort na die voorval in ‘n wingerd opgespoor.
Nog ‘n aanval
Die vier verdagtes was egter vrygelaat en het na hul woonplek op ‘n buurplaas teruggekeer. Volgens Ramsauer se vrou, Liezel, het hulle die afgelope Saterdag (6 Februarie) gebraai toe hul honde aanhoudend geblaf het.
“Toe ons in die skemer weer kyk, sien ons ’n man uit die venster van ons vleiskamer klim. Hy het ’n CD-speler en ’n hoeveelheid vleis in sy besit gehad,” sê sy. Die Ramsauers het die man, wat een van hulle eie werkers is, aangekeer.
Hy het glo aan hulle verduidelik dat een van die vier verdagtes hom gedreig het en gesê het dat hy die goedere moet steel en vir hom moes neem.
Aanvalle duur voort
Ondanks die protesaksie teen plaasmoord wat die TLU SA se jongboere Saterdag in Pretoria gehou het, duur plaasaanvalle voort. ‘n 70-jarige boer van Hoedspruit is in sy bed doodgeskiet, terwyl ‘n 60-jarige boer van Bethal op sy werf afgemaai is.
Sy 79-jarige ma, wat nie kan bestuur nie, moes vier kilometer na die naaste buurman loop om hulp te ontbied.
Agri SA hou volgende maand ‘n veiligheidsberaad waar die organisasie hoop om die kwessie van plaasaanvalle en –moorde met die Regering te bespreek.
Bron:
10 Februarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Hoe gaan ons hierdie wye buitelandse dekking kry? Kan landbou.com nie dalk help hiermee nie. Kan ons nie dalk 'n "vuurvreter" afvaardiging na Europa en VSA stuur nie? Mens voel skoon magteloos as die manne aan die stuur van sake so rustig is.
Hierbo staan Agri SA hoop om met die regering te praat. Indien daar gestaan het eis om met die regering te praat en dat daar reeds wye buitelandse dekking aan die probleem gegee is, het ek dalk meer moed gehad vir Agri SA.
Ek stem heeltemal saam met Attie !
Agri SA moenie hoop om die plaasaanvalle en moorde met die regering te bespreek nie. Hulle moet eenvoudig na elke aanval en moord by die betrokke minister se kantoor inbars en aandring op beter beskerming vir boere. Ek is seker sy deur sou wawyd oop gewees het as die aanvalle deur witmense op swartmense was. Waar is die internasionale gemeenskap? Dring aan daarop dat lande standpunt inneem. Stille diplomasie is nie te suksesvol nie, soos ons weet.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)