|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 16:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Tussen 1 April verlede jaar en Maart vanjaar het veediefstal Suid-Afrikaanse boere R365 miljoen gekos, sê mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se landelike veiligheidskomitee. Dié statistiek is deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens verskaf.
Oor die betrokke tydperk is 59 435 beeste ter waarde van meer as R445 miljoen gesteel. Bykans die helfte (25 461 beeste) is weer teruggekry. In dieselfde tyd is daar 77 472 skape (R92 miljoen) en meer as 39 000 bokke (R54 miljoen) gesteel. Die polisie kon 17 973 skape (R21 miljoen) en 10 567 bokke (R14 miljoen) weer terugkry.
“Sulke kriminele aktiwiteite is ekonomiese sabotasie en geen bedryf in die wêreld kan met sulke statistiek oorleef nie,” het Botha gesê. “Ons is dankbaar vir dit wat die polisie probeer doen, maar hulle het bloot nie die nodige hulpbronne om dié misdaad daadwerklik te bekamp nie.”
Botha het genoem dat ander misdaad, soos die steel van omheiningsmateriaal, koperkabels, kommunikasie- en besproeiingstoerusting, ook boerderye knou. “Dit maak dit al moeiliker om voedselsekerheid te bewerkstellig.”
Botha sê daar rus ‘n verantwoordelikheid op boere om voedselsekerheid te verseker. Dis egter die polisie se plig om te verseker dat boere ‘n veilige werkomgewing het, sodat hul in dié doel kan slaag. “Agri SA sê nie boere is meer spesiaal as stedelinge nie, maar die omstandighede verskil tog. En op die oomblik is ons bekommerd oor die misdaad in landelike gebiede.”
Hy het bygevoeg dat die Regering se strategie vir landelike ontwikkeling slegs sal slaag indien misdaad in dié areas hokgeslaan word. “Ek is veral bekommerd oor staatsamptenare wat in ‘n posisie aangestel word om die landsburgers te dien en dié pos dan vir politieke doeleindes misbruik. Hierdie individue se uitsprake grens dan dikwels aan haatspraak wat die gemeenskap verdeel en kan selfs tot plaasaanvalle lei.”
10 November 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Boere in die Oos-Kaap het oor dieselfde ding gekla vooor die Groot Trek van 1836. In plaas daarvan dat mense toe al besef het Afrika bied geen toekoms nie, hou mense maar aan met sukkel.
Die swart bevolking gaan meer as verdubbel oor die volgende 30 jaar, aangehelp deur die ANC se kinder toelae. Die massas armes en werkloses gaan al meer druk op die ANC plaas om geld en grond uit te deel.
Die regering moet hulle vingers uittrek en iets doen of ons moet saam staan en vir hulle wys dat genoeg is genoeg.
Dit is die hoeveelste toespraak wat deur Agri SA gemaak word waar hulle ons mooi vertel wat fout is en hoe bekommerd hulle daaroor is.... asof ons nie almal weet wat die misdaadsituasie is nie.
Vertel ons eerder in die toekoms wat daaraan gedoen gaan word.
Na sulke toesprake kan mens maar net wonder of die mense dan nou eers uitgevind het wat die situasie is dat hulle dan nou so verbaas is daaroor ?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)