Misdaadstatistiek oor twee weke

 

Die misdaadstatistiek vir 2009/’10 sal binne die volgende twee weke bekend gemaak word, sê die Ministerie van Polisie.

Luidens ‘n verklaring sal dié statsitiek fokus op misdade soos veediefstal, witkboordjie-misdaad, rooftogte by ondernemings, huisrowe, kapings, roof met verswarende omstandighede en seksuele misdade.

Die statistiek word jaarliks vrygestel om die publiek oor die misdaadsituasie in die land in te lig, maar ook om die Polisie se operasionele beplanning te rig.

Vermy verpolitisering

Die Ministerie sê hy kondig aan dat die statistiek binnekort bekend gemaak gaan word om die publiek daarop in te stel, maar ook om te waarsku teen verpolitisering van die verslag.

“Na aanleiding van vorige ervarings, is ons bewus daarvan dat sommige lede van die samelewing die dokument sal gebruik om onregverdig en subjektief te kritiseer. Dié wat sê dit kan nie gedoen word nie, moet nie in die pad van diegene wat dit doen, staan nie. Ons moedig diegene (met politeieke agendas) aan om hulself van pessimisme te weerhou en eerder tot ‘n veiliger Suid-Afrika by te dra,” sê mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie.

Volgens Mthethwa sal die departement nie sy foute onder die mat invee nie, maar hy sê suksesse gaan ook nie ongesiens verby gaan nie. Hy meen dié statistiek moet as ‘n platvorm vir positiewe stappe om misdaad te beveg gebruik word.

Mthethwa, genl. Bheki Cele, en mnr. Fikile Mbulela, adjunk-minister van Polisie, sal die verslag bekendstel.

2 September 2010

0
 
 

Kommentaar

Mathys. Pretorius 

Ons sekeruteit wagte by ons huis gee weekliks vir ons inligting van gebeure in ons omgewing wat plaasving i.v.m misdaad en waarvoor om uit te kyk voor by misdadegers en waar om ons distrik SAP te help. Nou hoekom kan die SAP nie ook weekliks sulke inligting aan sy bepliek, Jan Tax wat sy salaris betaal en vir wie hy moet beskerm, weekliks bekend maak. Hoekom nie ??

Mathys. Pretorius 

Ons sekuriteitwagte by ons huis gee weekliks vir ons inligting van gebeure in ons omgewing wat plaasving i.v.m misdaad en waarvoor om uit te kyk vir misdadigers en waar om ons distrik SAP te help. Nou hoekom kan die SAP nie ook weekliks sulke inligting aan die publiek, Jan Taks wat sy salaris betaal en vir wie hy moet beskerm, weekliks bekend maak. Hoekom nie ??

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.