Deur ALANI JANEKE
15 Mei 2012

765 keer gelees | 4 kommentaar

Niemand het die reg om uitsprake te maak dat as boere negatief is hulle die land moet verlaat nie, sê Agri SA.


Niemand het die reg om te sê dat as boere negatief is, moet hulle die land verlaat nie, sê mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA.

Tydens ‘n funksie by die Nampo-Oesdag 2012 het hy gesê baie opmerkings word die afgelope tyd gemaak dat boere negatief is, asook dat die landbou negatief is.

Aangaande opmerkings dat boere wat negatief is, die land moet verlaat, het Möller by die Nampo-Oesdag gevra: “Is dit nou ‘n vreeslike positiewe uitspraak? Niemand het die reg om sulke uitsprake te maak nie.”

Lamdbou - kern van mense se bestaan
Volgens Möller is die bedryf deesdae gereeld in die nuus, en dit is nie net weens slegte gebeure of uitsprake nie. “Die landboubedryf raak aan die kern van mense se bestaan. Nie een enkele mens kan deur die dag gaan sonder om met die landbou geassosieer te word nie. Almal is tog afhanklik van voedsel,” aldus Möller.

Möller sê geleenthede soos die Nampo-Oesdag is belangrik vir die voortbestaan van die bedryf. “By sulke geleenthede kan ek as ‘n boer sien wat binne die volgende vyf jaar in die bedryf gaan gebeur.”

Volgens Möller stel dit boere in staat om te sien watter tegnologie beskikbaar sal wees ten gunste van voedselsekerheid en winsgewendheid.

Mnr. Johan Pienaar, adjunk uitvoerende direkteur, sê die bedryf het van 2000 tot 2011 met 8% gegroei. Hy sê hoewel dié groei stadiger is as die groei van ander bedrywe, kan die landbou nie as ‘n klein rolspeler in die land se ekonomie gesien word nie.

15 Mei 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker Gawie Botha

2012/05/16 09:52:50 AM

,,,,,,,,,,invoere van Landbou Produkte met langtermyn invoerkontrakte is die ondergang van Suid Afrikaanse boere!


Abraham J. Meintjes

2012/05/15 09:10:41 PM

Die boer in SA moet asb volhard, en opkomende boere moet doen wat hulle al voor Jan van Riebeeck moes begin doen het. Ter wille van voedsel-voorsiening in SA, SADC en verder moet die landbou en boerdery bedryf myns insiens, - na aanleiding van my indrukke vanuit werk en observasie in Afrika sedert 1984, - konstant en dinamies in alle opsigte soos bv. produksie faktore, klimaat, versekering aan boere, navorsing, markte, produkte, prosesse, tegnologie, bavaria, kooperasies, landbou unies en plaasveiligheid, bygestaan word en deur alle moontlike rolspelers bemoedig word. Boere bo!


onbekende boer.

2012/05/15 08:20:58 PM

Verblydend om te hoor wat Mnr Moller sê. En al is die Lanbou n kleiner sektor in Rande, is dit die belangrikste lewensaar van Suid Afrika, indien nie nog vir buurlande ook nie.


Butch van blerk

2012/05/15 06:22:16 PM

Ek stem - as mense sê negatiewe boere moet die land verlaat , moet hulle darem ook dalk bysê tot waar die prys van diesel en kunsmis moet styg, voor 'n boer negatief mag raak. Die Kongo ouens het al die land verlaat toe pryse nog heelwat goedkoper was. En as mens nou eendag negatief en die volgende dag weer positief is? Moes jy nou al die vorige aand jou goed gepak het ? Nee, die saak is darem veels ingewikkelder as om op sterkte van sulke basiese stellings besluite te neem

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights