Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Moenie-oorboord-gaan-met-biodiesel

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 17:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Moenie oorboord gaan met biodiesel

 
MARITHA DU PLESSIS-SWART

Hoewel die sojamark in Suid-Afrika al hoe groter word, moet boere nie oorboord gaan met sojaproduksie nie, veral nie ten opsigte van die SASOL biodieselprojek nie.


Blindelingse produksie sonder voorafberaadslaging met instansies soos Agriocare ('n maatskappy wat by wyse van voorplantkontrakte produsente en verwerkers bymekaar uitbring) kan voornemende en bestaande produsente duur te staan kom. Oorproduksie kan tot oorskotte en gepaardgaande lae pryse, en selfs geen afsetgebiede lei.


So het mnr Patrys Lubbe, besturende direkteur van Agriocare, boere tydens 'n inligtingsdag op Luckhoff gewaarsku. Hy en ander sprekers het boere toegespreek oor die verwagte binne- en buitelandse markte vir soja en oor die voordele van 'n soja-mielie wisselbouprogram.


Lubbe sê Agriocare is reeds in gesprek met verskeie veevoervervaardigers en ook ander maatskappye en hy kan met sekerheid sê daar is 'n groot mark vir sojakoek vir diere- en menslike gebruik. Die SASOL-biodieselprojek, hoewel 'n reuse een met talle moontlikhede (veral vir sojaprodusente in terme van verlangde produksie), is maar nog in 'n beginstadium.


"Daar sal hopelik teen die einde van Junie vanjaar meer duidelikheid daaroor wees. Omdat Suid-Afrika reeds tussen 700 000 ton en 800 000 ton sojakoek per jaar invoer, is soja die logiese antwoord vir die vervaardiging van biodiesel. Jatropha en sonneblomme kan wel ook in die vervaardiging van biodiesel gebruik word. Die volume biodiesel vervaardig per eenheid sonneblom is trouens baie hoër as in die geval van soja, maar die gebruik van sonneblom oliekoek is vanweë sy lae proteininhoud baie beperk. Navorsing sal nog gedoen moet word oor Jatropha omdat die neweproduk in hierdie geval nie geskik is vir dierevoeding nie."


Hy waarsku voornemende sojaboere wat blindelings op die SASOL-biodieselprojek wil spring, dat hulle"hulle vingers gaan verbrand. "Alhoewel die SASOL projek uiteindelik


470 000 ton sojabone sal benodig, is alle aanduidings dat die vraag sistematies tot hierdie omvang sal groei." Pryse gaan ook nie oornag die hoogte inskiet nie. Ons ervaring is eerder dat die binnelandse prys redelik stabiel is. Die afgelope drie jaar het pryse tussen R2000 en R2300 per ton gewissel."


Lubbe bevraagteken mediaberigte waarin boere meegedeel is dat hulle 600 000 ha sal moet verbou om in SASOL se biodieselbehoeftes te kan voorsien. "Dit kan 'n opbrengs van 900 000 ton beteken, dit wil sê 'n surplus van oor die 400 000 ton wat nie sommer deur die SA mark opgeneem sal kan word nie (te veel vir sojaverwerkers)."

30 April 2004

0
 
 
  • 1404 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Beste wyne opgeveil
  • Staat misluk; boere kry skuld
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction