Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Mulder-tlu-sa-kap-sexwale

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 17:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Mulder, TLU SA kap Sexwale

 
Deur ALANI JANEKE

Dr. Pieter Mulder, die leier van die Vryheidsfrontplus, het mnr. Tokyo Sexwale, die Minister van Menslike Nedersettings, aangevat oor sy uitlatings teenoor boere.

Dr. Pieter Mulder sê mnr. Tokyo Sexwale, Minister van Menslike Nedersettings, het die afgelope week onbillike uitlatings teenoor boere gemaak. Luidens ‘n berig in Beeld (29 Januarie 2010) het Sexwale aan die Portefeuljekomitee vir Huisvesting gesê baie van die mense wat hulle tans in plakkerskampe bevind, is daar omdat boere hulle van hulle plase afgejaag het.

Sexwale het glo gesê: “Toe die Regering aangedui het dat hy sekerheid van verblyfreg aan plaaswerkers wou gee, toe verjaag baie boere miljoene swart mense van hul grond af. Dié is daardie mense. Waar moes hulle gaan woon?”

Sexwale is onder meer die eienaar van ‘n wynplaas in Franschhoek en het  omstreeks 1998 sowat R105 miljoen betaal vir  Bloemdendal, 'n gesogte wynplaas in Durbanville.

Verskuif blaam
Mulder sê Sexwale is verkeerd as hy boere blameer vir die Regering se onvermoë om verstedeliking doeltreffend te bestuur en om huise aan duisende mense in informele nedersettings te verskaf. “Ek het tydens die onlangse Kabinet-lekgotla my standpunte hieroor gemaak, en ek sal dit weer doen as dit nodig is!”

Volgens Mulder het Sexwale nie alle feite in ag geneem voor hy dié uitlatings gemaak het nie. “Daar is die kwessie van mense wat voor die verkiesing van die Oos- na die Wes-Kaap verskuif is, partykeer tussen 10 000 en 15 000 per maand! Die getal boere het die afgelope paar jaar ook afgeneem van 80 000 na 37 000, dit het ook ‘n invloed op landelike gebiede”. Mulder sê die groot aantal buitelanders wat die afgelope paar jaar die land ingekom het het ook ‘n groot invloed op die aantal inwoners in plakkerskampe.

Kan lei tot plaasaanvalle
Mulder meen sulke uitsprake kan ook lei tot meer geweld in landelike gebiede. “Iemand wat nie die politieke konteks van dié uitsprake verstaan nie kan dit as ‘n rede vir geweld gebruik!”

Hy sê die Regering het die afgelope vyftien jaar groot onsekerheid in plattelandse gebiede geskep met hulle beleidsrigtings teenoor kommersiële boere. Derhalwe meen Mulder dit is onbillik om te verwag dat boere in landelike gebiede moet belê en meer werk moet skep as hulle onseker is oor hulle grond, veiligheid en die voortbestaan van hulle kinders se skole.

“As die Regering hierdie probleme aanspreek sal hulle verbaas wees oor meeste boere se bereidwilligheid om landelike gebiede te help ontwikkel”.

TLU SA verwerp uitsprake
Intussen sê Mnr. Ben Marais, die voorsitter van TLU SA, hy verwerp dié uitsprake van Sexwale. Luidens ‘n verklaring meen Marais Sexwale maak hom skuldig aan ongegronde uitsprake. “Die Regering moet ophou om sake te dryf waarvan die bewyse ontbreek en wat kan lei tot roekelose optrede. As hy nie sy beloftes van huise vir almal kan nakom nie, moet hy heel eerste gaan kyk na sy eie Regering se aandeel daarin, in plaas daarvan om die boere as maklike teiken te blameer vir iets waaraan hulle geen aandeel het nie,” sê Marais.

29 Januarie 2010

 

5
 
 
  • 1866 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

mkruger
03 Feb 2010 07:39

Butch, ek se nie ons moet ophou nie. Ek se net ons moet ophou kla. Gee hom aan by die hof/menseregtekom. maar hou net op kla.

Op hierdie stadium is enige berig in die media 'n positiewe berig vir die ANC. Hulle wil ons opgewonde maak en as hulle daarvan lees/hoor het hulle bereik wat hulle wou.

Die situasie sal egter verander as hulle leiers aan die howe moet begin verantwoording doen.

Hoekom kla Mulder net en doen nie iets positiefs nie. Is hy nie miskien besig om sy salaris te beskerm nie - net 'n klip in die bos.

  • antwoord
Realis 
02 Feb 2010 17:17

Tokio maak hierdie uitsprake slegs om mense teen boere op te sweep en stemme vir die ANC te verseker.Die platteland loop leeg en wrywing tussen groepe vier hoogty.Boere word vinnig minder en 'All Pay woonbuurte' sit en wag vir betaaldag - dis waarneembaar in ontsettend baie dele van ons land.Duisende werkers wat vroeer in diens was, veral vroue in die Weskaap, sit rustig op eiendom danksy die Verblyfregwet en is tevrede met al die toelaes wat hul ontvang - dan word gevra hoekom buitelanders in diens geneem word.

  • antwoord
Reint 
01 Feb 2010 15:52

Lees ook blog:http://www.solidariteit-blog.co.za/die-man-met-die-modder-op-sy-skoene-help-ook-werk-skep/
wie skep die werk en wat gebeur as 'n boer vermoor word.

  • antwoord
Butch
01 Feb 2010 15:44

Nee - onder geen omstandighede behoort veral 'n minderheid te swyg as teen hom gediskrimeer word nie. Dit is dieselfde as om saam te stem. Wil jy eendag die Hof nader, kan jy ten minste wys waar en wanneer jy jou misnoë of teenkanting uitgedruk het - selfs al bereik jy nou min daarmee. Dis hoekom 'n vrye pers so belangrik is - om die waarheid in ouens se kele af te druk. Die pers, maar baie belangrik ook die boere, moet hom hieroor aanvat.

  • antwoord
@mkruger 
01 Feb 2010 13:35

Stem saam. Die regering doen net wat hy wil net soos mugabe - hoekom? Wie is daar om hom te keer?? Hulle is nie bang nie, want al wat ons doen is praat so hoekom moet hulle ophou? Solank ons net praat gaan niks gebeur nie.

  • antwoord
mkruger
01 Feb 2010 08:57

Miskien le die probleem daarby dat ek nie behoorlik weet hoe werk dinge nie ?

Dit wil my voorkom asof al die organisasies/VF en regering ooreengekom het oor wat elkeen mag doen en nie mag doen/se nie.

Hoekom se ek so:
Hoeveel jaar se die regering al en doen hy net wat hy wil ?
Die organisasies en VF wys hom daarop dat hulle nie gelukkig is met wat hy gese/gedoen het nie en dit is waar dit eindig.

Die regering is gelukkig want hy het sy doelwit bereik. Die oomblik wat daar kommentaar gelewer word op sy doen en late, is dit duidelik dat die "boertjies" nou ongelukkig is en aan die einde van die dag is dit mos eintlik al wat die ANC wil bereik om sy volgelinge gelukkig te gou ?

Persoonlik wonder ek of ons nie meer sal bereik om eerder heeltemal stil te bly nie ?

Tans tree ons op soos 'n foksterier hondjie. Jy weet hy gaan nou jou hap maar hy gaan nie werklik skade maak nie want hy is maar lekker bang vir jou ook ?

  • antwoord
Butch
30 Jan 2010 22:14

Kla vriend Tokio, een van elite begunstigdes, aan by die Menseregte kommissie vir haatspraak. Sy uitspraak is kwaadwillig teenoor boere en bedoel om boere wederegtelik te diskrediteer.Self met plase van talle miljoen, behoort hy te weet dat hy lieg.

  • antwoord
wilboer 
30 Jan 2010 13:45

sexwale is net nog iemand wat hom in n' posisie bevind waar hy uitsprake kan maak wat ander mense nadelig beinvloed. Moet nie vir een oomblik dink dat hy rerig omgee wat hy kwyt raak nie. So doen sy "comrade" Malema ook! Hulle is daar gestel om so veel negatiewe lig te werp op die boere gemeenskap en die alle dinge uit die verlede, dat hulle die plaaslike mense opsweep om te glo dat dit alles die boere se skuld is. Ons moet besef dat oor 200 jaar hulle nog steeds apartheid sal blameer vir hulle onvermoe om te kan voorsien aan al die minder bevooregtes, om nie eens van die onwettige mense in die land te praat nie. Wonder wat hulle reaksie sal wees as al die boere net vir 2 jaar ophou boer, en alles moet ingevoer word. Dink nie eers dit sal vir hulle n' les wees nie, want hulle sal dadelik die boere daarvoor blameer en die res van die land opsweep! Ek weet net dat boere oorsee nie die aanmerkings en beledigings wat ons boere daagliks toegesnou word sal duld nie.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Invoer skaad pluimveebedryf
  • Landbouweekblad, 25 Mei 2012
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction