Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Munisipaliteite-kry-hulp-met-omgewingsbestuur

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 17:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Munisipaliteite kry hulp met omgewingsbestuur

 
Deur ALANI JANEKE

Gratis advies oor omgewingsbestuur en impakstudies sal voortaan vir sukkelende munisipaliteite in Noordwes by ‘n pro bono-kantoor beskikbaar wees.

Luidens ‘n verklaring het die Noordwes Universiteit dié kantoor op sy Potchefstroom-kampus geopen. 

Dié stap volg ná die Departement van Omgewingsake ondersoek ingestel het en ‘n behoefte by veral arm munisipaliteite geïdentifiseer het. Dié departement het met verskeie universiteite gesels, en het besluit om as ‘n loodsprojek ‘n kantoor op dié kampus te open.

“Plaaslike regerings bevind hulself vandag in ’n baie komplekse bestuursomgewing en het dikwels nie die kundigheid en hulpbronne om die gepaardgaande uitdagings die hoof te bied nie.

"Hulle moet aan ’n enorme hoeveelheid wette en regulasies voldoen en weet nie altyd watter tipe magtiging vereis word vir die projekte wat hulle aanpak nie,” sê prof. Francois Retief, verteenwoordiger vir die navorsingseenheid Omgewingswetenskappe en -bestuur op die kampus.

Wyer invloed

Retief sê plaaslike ondernemings sal ook by die projek baat omdat hulle kundigheid moontlik by die implemetering van projekte benodig sal word. Die projek behoort, volgens Retief, ook onregstreekse voordele vir die landboubedryf in te hou.

Dit sal munisipaliteite na verwagting help om water beter te bestuur en versorg, en om infrastruktuur beter in stand te hou en te ontwikkel. Retief sê hoewel die projek tans net op plaaslike munisipaliteite fokus, sal dit graag na ander bedrywe, soos mynbou en landbou wil uitbrei.

“Indien die landbou homself so kan organiseer om sulke studies en toetse te befonds, sal ons gelukkig wees om hulle ook by te staan,” aldus Retief.

16 projekte

Retief is die koördineerder van die projek, terwyl mnr. J.P. de Villiers as ’n professionele omgewingskonsultant optree en die kantoor sal bestuur. Verskeie honneursstudente van die universiteit se Geografie en Omgewingsbestuur-fakulteit is reeds gekeur en besig met 16 projekte in die provinsie.

Van die studente staan onder meer die plaaslike munisipaliteite van Coligny en Lichtenburg by met dorpstigting en begraafplaasbeplanning.

‘n Bedrag van R3 miljoen is deur die departement van omgewingsake vir drie jaar aan die kantoor beskikbaar gestel, met die verwagting dat dit daarna selfonderhoudend sal word. “Ons beskou dit as deel van ons gemeenskapsbetrokkenheid, aangesien die waarde van die werk wat ons doen in werklikheid veel meer as R1 miljoen per jaar beloop,” sê Retief.

1 November 2011

0
 
 
  • 440 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Elektriese heining jakkals se tier
  • Plaas Moreson
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction