Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Mynbou-kan-landbou-kelder

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 17:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Mynbou kan landbou kelder

 
Grundling gesels met die gehoor. Foto: ALANI JANEKE
Grundling gesels met die gehoor. Foto: ALANI JANEKE

Die besoedeling wat myne in die land se vleilande en waterbronne veroorsaak, kan die landbou erg benadeel.

Dit is een van die hooftemas wat Vrydag (10 Februarie 2012) op die Landbounavorsingsraad (LNR) en die Internasionale Mire Omgewingsbewaringsgroep (IMCG) se vleilandberaad bespreek is.

Mnr. Piet-Louis Grundling, voorsitter van die IMCG, sê mynbou bedreig reeds talle dele van die land se vleilande en wateropvangsgebiede. “Die meeste van die myne kom tans in die land se hoof-wateropvangsgebiede voor, en as myne nie die rehabilitasie doen waarvoor hulle verantwoordelik is nie, gaan ons in die toekoms met groot probleme sit.”

Voorbeelde
Van die voorbeelde wat Grundling genoem het, sluit in die beweerde onwettige myn van sand vir gebruik in die Gautreinprojek in die Seringveld-bewaringsgebied.

Hy vertel ook van suurmynwater wat tans in die Carolina-omgewing in Mpumalanga deur die grond na die oppervlak syfer. Dié suurmynwater kom glo van steenkoolmyne af.

Grundling sê ook Eskom is aan besoedeling van die omgewing skuldig, veral in die Mokolo-omgewing in Limpopo waar die Medupi-kragsentrale gebou word. Die groep is glo al jare lank met Eskom in ’n stryd gewikkel oor sy Ingula-waterpomp-opbergingskema wat in die Klein-Drakensberge geleë is. “Ons vergader al ’n geruime tyd maandeliks met die maatskappy op sodat ’n ooreenkoms bereik kan word.”

Politieke wil

Hy sê die besoedeling sal op kort- en lang termyn ’n invloed hê, en “uiteindelik gaan dit ’n verwoestende en vernietigende invloed op die hele land, die landboubedryf en voedselproduksie hê.”

Grundling sê so ’n situasie word reeds in die Apiesrivier naby Pretoria ondervind, waar besoedeling daartoe gelei het dat water uit dié rivier tydelik nie vir besproeiing gebruik mag word nie. Hy meen die Regering moet besin oor die wettige en onwettige gebruik van water deur myne en oor hoe skuldiges vervolg gaan word.

“Ja, ons het steenkool nodig vir energie, maar jy kan nie ’n stuk steenkool of ’n diamant eet nie,” sê Grundling.

Me. Elize Tempelhof, ’n bekende omgewingsbewaringsjoernalis, sê dit is vir haar hartseer om te sien dat die politieke motivering nie tans bestaan om die land se waterbronne en die omgewing te beskerm nie.

“Me. Edna Molewa, Minister van Waterwese en Omgewingsake, sê gereeld ons is ’n waterskaars land en ons moet water spaarsaam gebruik, maar sy doen nie iets om myne se waterlisensies te reguleer nie.”

Behandelde water

Intussen sê dr. Piet Nell, ’n navorser van die LNR se Instituut vir Grond, Klimaat en Water, dit is moontlik om besoedelde mynwater wat gesuiwer is, vir landbouproduksie te gebruik. Hy het die Blesbokspruit en vleiland in Gauteng en die uitwerking van die Grootvleimyn daarop as ’n voorbeeld gebruik.

Hy sê die suurmynwater wat uit dié myn kom, is vir ’n tydperk van 13 tot 14 jaar behandel, en dit was ná behandeling vir landbougebruik geskik. Veral groente, soos slaai, wortels, droëbone en ertjies, wat in grond met ’n hoë soutgehalte gedy, is in dié grond verbou.

Die behandeling van die water is intussen stopgesit aangesien die myn nie meer daarvoor betaal nie. Nell voorspel dat die landbou in dié omgewing oor ’n paar jaar groot probleme kan ervaar.

13 Februarie 2012

4.666665
 
 
  • 566 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

JPN 
13 Feb 2012 12:34

Die tweede laaste pargraaf moet seker lees slaai, wortels, droëbone en ertjies wat sout sensetif is het gedy met besproeiing met gipsryke water

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • Klokke
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction