Mynbou in wynlande ‘kortsigtig’

 
Wynlande. FOto: LANDBOUWEEKBLAD
Wynlande. FOto: LANDBOUWEEKBLAD

Omgewingslui en geoloë meen dit is kortsigtig van die Regering om mynboubedrywighede in die Kaapse wynlande toe te laat ten koste van bedreigde plante en die wynbedryf. Minder as 1% van Suid-Afrika se tinvoorraad is die afgelope 100 jaar in die Wes-Kaap gemyn, terwyl die wynbedryf ’n jaarlikse omset van meer as R50 miljard toon.

Ontstoke inwoners, wynboere en omgewingslui het op twee vergaderings op Stellenbosch hul ontevredenheid te kenne gegee omdat die Departement van Minerale Hulpbronne voorwaardelik toestemming gegee het aan die African Exploration Mining and Finance Corporation (wat deur die staat besit word) om vir tin-, lood-, koper- , litium-, mangaan- en silwererts te myn.

Lees ook:

Mynregte by Mapungubwe toegeken?

Die gebiede wat geraak word, sluit wynplase van Stellenbosch en Durbanville in. Belangrike biodiversiteitskorridors, vleilande en hoogs bedreigde renosterveld sal in die slag bly as die mynbedrywighede voortgaan.

Volgens me. Inge Kotzé, projekkoördineerder van die Biodiversiteits- en Wyn-inisiatief, sal die mynbou se uitwerking op lang termyn in belangrike biodiversiteitsgebiede en wateropvangsgebiede verwoestende gevolge inhou vir die toekoms van watersekerheid in Suid-Afrika.

Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 12 Maart 2010.

5 Maart 2010

0