Mynregte in Limpopo verwerp

 

Die aansoek om ’n steenkoolmyn op die oewer van die Limpoporivier net buite die wêrelderfenisgebied Mapungubwe is deur me. Buyelwa Sonjica, Minister van Waterwese en Omgewingsake, verwerp.

Die mynaansoek het die afgelope ruk heelwat openbare teenkanting ontlok – soos talle ander mynaansoeke in Limpopo wat strek van Lephalale tot by Musina. Landbou-organisasies voer aan steenkoolmyne sal boerderye in die noordelike deel van die provinsie vernietig.

Die departement het reeds sy teenkanting oorgedra aan die Departement van Mynwese, het Sonjica op ’n mediakonferensie in Boksburg gesê. Sy het aan die media gesê sy is gekant teen mynboubedrywighede in gevoelige gebiede en dat besluite van die en Omgewingsake deur alle ander departemente in ag geneem moet word.

Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 3 Julie 2009.

29 Junie 2009

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.