|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
’n Mynprojek wat deur die Wêreldbank as “gewigtig” ongunstig met “onomkeerbare maatskaplike en omgewingsimpak” geklassifiseer is, word op die walle van die Limpoporivier beoog.
Die Australiese en Suid-Afrikaanse maatskappy Ledjadja Coal wil ’n oopgroefmyn bedryf wat van só ’n groot omvang is, dat dit nie weer opgevul gaan word nie. Agt plase word geraak en die totale grootte van die projek is ongeveer 8 983 ha.
Die Boikarabelo-steenkoolmynprojek is in vier aansoeke opgedeel. Twee is vir mynreglisensies, een vir ’n afvalbestuurslisensie en een vir ’n geïntegreerde waterverbruikslisensie. Aansoek om die mynlisensies word in September by die Departement van Minerale Hulpbronne ingedien en die maatskappy wil volgende jaar begin myn.
Die Wêreldbank het dit as ’n ‘kategorie A’-projek geklassifiseer. Dit is projekte wat potensiële “gewigtige, ongunstige maatskaplike en omgewingsimpakte tot gevolg het wat divers en onomkeerbaar van aard is”.
Volgens sy eie omvangsverslag sê die maatskappy dat die myn as “kwesbaar” beskou kan word weens die feit dat dit so naby aan die Limpoporivier is.
Van die infrastruktuur wat teenaan die Limpoporivier vir die mynbedrywighede opgerig gaan word, is ablusiegeriewe, ’n rioolsuiweringsaanleg, tydelike geriewe vir die opberging van giftige afval, ’n wasaanleg, ’n afvalshoop en besoedelbeherende damme.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 2 Julie 2010.
25 Junie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ek sal nie verbaas wees as daar nie 'n paar ooms en tannies en nefies en niggies en boeties en sussies ens. van die betrokke ministers en oom Julius natuurlik, betrokke is by hierdie oefening nie. Die uiteinde gaan maar dieselfde wees as die gemors in Mpumalanga se vleilande. Sterkte aan die boere van die Noorde. Geniet vir oulaas julle paaie en skoon lug.
Verskeie omgewings- en impakstudies sal eers gefinaliseer moet word alvoor so 'n projek goedgekeur kan word en belanghebbendes sal die proses dus maar noukeurig moet volg.
Eers as die Limpopo totaal vernietig is sal die staat dit moontlik kan insien en dan wil begin stappe neem.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)