|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Absa Besigheidsbank en BKB het ’n nuwe finansieringsinisiatief wat met ’n gewas as sekerheid gebaseer is, bekend gestel.
Mnr. Bobby Malabie, uitvoerende hoof van Absa Besigheidsbank, sê die ooreenkoms en die inisiatief is gebaseer op ’n meer holistiese benadering tot die landbou en die sektor se waardeketting. Die aankondiging is Vrydag (13 Mei) by ’n mediageselligheid in Centurion gemaak.
Met dié inisiatief kan boere lenings teen hulle bates én hul gewasse aangaan. Mnr. Ernst Janovsky, bestuurder van Absa Agribesigheid, sê ten spyte van die verskeie probleme wat die sektor tans in die gesig staar, toon dit steeds groei en glo hulle dit is tans die regte tyd om dié tipe finansiering toe te staan.
“Met dié innoverende ooreenkoms help Absa en BKB om waarde in die landboubedryf in Suid-Afrika te ontsluit,” aldus Malabie.
Ideale vennote
Mnr. Wolf Edmayr, besturende direkteur van BKB, sê hulle het in 2009 besluit om op ’n groter skaal by landboufinansiering betrokke te raak. Vanweë hul verhouding met die bankgroep, meen hulle Absa is in die ideale posisie om die vennoot in die inisiatief in die wees.
“Met ons nasionale voetspoor en Absa as ’n leier in die landboubankarena, is ons benadering tot die ooreenkoms ‘beter is beter’, pleks van die strategie ‘groter is beter’,” aldus Edmayr.
Die twee groepe het in Desember verlede jaar ’n memorandum rondom die ooreenkoms onderteken, waarna ’n strategiese ooreenkoms aangegaan is.
’n Eerste vir SA
Intussen sê mnr. Louis von Zeuner, adjunk uitvoerende hoof van die bankgroep, die ooreenkoms is eerste van sy soort vir Suid-Afrika. Hulle glo dat die sektor in die toekoms ál meer gaan groei.
“Daar is tans ’n groot politieke wil om die landbou in Afrika aan te spoor. Ten spyte van al die probleme bestaan daar unieke kanse om die landboubedryf uit te brei, maar ’n mens moet daarby betrokke raak,” aldus Von Zeuner.
“Twee oorhoofse risiko’s staar die landbou in die gesig: produksie-risiko en prysrisiko. Met dié ooreenkoms verlaag ons die prysrisiko aan die boer. Dié risiko hou verband met die feit dat boere nie voldoende pryse vir hul produkte kry nie.
"Danksy die nuwe ooreenkoms met BKB kan ons nou verdere groei vir boere fasiliteer. Dit verteenwoordig ’n nuwe manier van landbou-finansiering met die idee dat die fokus geskuif het van boere se balansstate na kommoditeite – in hierdie geval, plaasprodukte,” sê Malabie.
Die ooreenkoms fokus daarop dat Absa se kommoditeitspesialiste vir enige van BKB se 19 000 primêre produsente ’n leningsooreenkoms kan saamstel.
13 Mei 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Dit is hoe Kooperasies gewerk het en hoe Landboumaatskappye
{boerebeheer) nog altyd werk.
Die konsep van finansiering is nie iets nuuts in SA nie. Meeste finansierders e nfinansiele instellings doen reeds finansiering gebasseer op die produk as sekuriteit los staande van die balansstaat as die boer kredietwaardig is.
Dit klink vir my na die regte rigting,vir die toekoms!
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)