Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / N-g-2-vas-n-moord-op-ottosdal

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 17:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nóg 2 vas ná moord op Ottosdal

 
Deur NICO VAN BURICK

Nog twee verdagtes is in hegtenis geneem ná die wrede moord op mnr. André (Brood) van der Merwe van Ottosdal, wat geskiet en daarna agter sy gesteelde bakkie gesleep is.

Mnr. Daan van der Merwe, onder-voorsitter van Agri NW, sê die moontlikheid bestaan dat verdere inhegtenisnemings kan volg. “Die motief vir die moord is nog geensins duidelik nie en dit wil lyk of dit meer as net roofpoging is. Ons wil die polisie loof vir hulle flinke optrede tot dusver.”

Die oorledene was ’n afslaer en boer wat op sy eie gewoon het. Hy is verlede naweek geskiet en, terwyl hy vermoedelik nog gelewe het, vir meer as ’n kilometer agter sy bakkie gesleep voor hy nog twee keer geskiet is.

Drie verdagtes is kort daarna in hegtenis geneem en het gister in die hof verskyn. Hulle bly in aanhouding en sal op 10 Mei weer in die hof verskyn.

 Mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se Landelike Veiligheidskomitee sê die flinke optrede van die boeregemeenskap en die polisie se ondersoekbeamptes van Lichtenburg het gelei tot die spoedige inhegtenisneming van die verdagtes.

Hy sê volgens inligting was die optrede van die polisie van Ottosdal wat die toneel besoek het onprofessioneel en het getuig van ‘n traak my nie-agtige houding. Sake wat in die verlede deur boere by die polisiekantoor aangemeld is, is klaarblyklik ook selde na behore ondersoek en opgelos.

Agri SA dring daarop aan dat die polisie se optrede na die moord ondersoek word asook hulle vermoë om die totale gemeenskap van Ottosdal van ‘n professionele diens te voorsien.

“Moordenaars soos dié is barbare wat met haat en wreedheid onskuldige boere teiken en vermoor. Die wyse waarop Van der Merwe se liggaam agter ‘n voertuig gesleep en vermink is, onderstreep hierdie mense se barbarisme. Wat het van medemenslikheid in Suid-Afrika geword as die samelewing moordenaars soos dié in hulle eie geledere verdra. Dit het nou tyd geword dat hierdie tipe mense permanent uit die samelewing verwyder word”.

4 Mei 2011

5
 
 
  • 1358 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker 
05 Mei 2011 16:00

Plaasdorpe of kommando's is dalk die oplossing.

  • antwoord
Onbekende besoeker 
04 Mei 2011 15:58

Wat van die doodstraf of die halssnoer terugbring?

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Hond het urineprobleem
  • Nuwesiekte by perde
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction