Nóg ‘n boer vermoor

 

“Elke plaasmoord is een te veel, dis barbaars en ons het innige simpatie met die familie!” Dit was die reaksie van Mnr. Henk Vermeulen, die hoofbestuurder van Vrystaat Landbou, nadat mnr. Ernest Giefeke van die plaas Goodhope, Ficksburg, Saterdagoggend vermoor is.

Luidens ‘n berig in Rapport (Sondag, 24 Januarie) is die 59-jarige Giefeke deur drie mans aangeval toe hy vroeg die oggend sy diere kos gegee en plante natgelei het. Die Polisie se sers. Majang Mosupa sê: “Hy is met ’n klip teen die agterkant van sy kop geslaan en sy keel is met ’n mes gesny.”

Die verdagtes het Giefeke se vrou daarna met ‘n vuurwapen aangehou en geld en vuurwapens geeïs. Sy kon daarin slaag om ‘n paniekknoppie te druk waarna die aanvallers te voet gevlug het. Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

Landelike beveiligingsplan belangrik
Vermeulen sê hulle wil weer eens onderstreep hoe belangrik dit is dat boere moet inskakel by hulle landelike beveiligingsplan. “As die boer ingeskakel het, kon die aanval moontlik verhoed gewees het”. Hy sê die wrede aanval op Koos en Rita van Zyl van die Steynsrus-distrik drie weke gelede, kon ook moontlik voorkom word het as hulle deel van die plan was.

“Vrystaat Landbou het deur middel van hulle intelligensie-eenheid al 204 aanvalle in die provinsie voorkom”. Vermeulen meen wanneer boere deel is van die plan kan tekens van aanvalle vroegtydig deurgegee word sodat die situasie ontlont kan word.

Vermeulen sê hulle is bewus van nog ‘n aanval wat vanoggend (Maandag) op ‘n hoewe in die Vierfonteindistrik naby Bothaville plaasgevind het. “Die vrou is vermoedelik deur ‘n plaaswerker aangeval”. Hy sê sy is ook nie by die plan ingeskakel nie.

25 Januarie 2010

4
 
 

Kommentaar

Onbekende besoeker 

ja zo ga dat

JOhan Prinsloo 

Ek kan dit nie glo nie. Die geweld en die manier waarop onskuldige boere wreed aangerand en vermoor word. Moet erken het vir omtrent 6 maande nie na die stand van die geweld in Suid Afrika gekyk nie, maar het vandag. Mag die Here die nasie van algehele verval verhoed en moet erken ek is dankbaar ek is nou al; 10 jaar uit die land. Sterkte aan almal wat hulle self probeer handhaaf.

Nicolaas Jansen 

Na dat ek die berig gelees het het ek maar my bybel gaan oop maak en perongelik op die stuk afgekom.ek wil dit graag deel.dit is teveel om te tuk.

DEUTERONOMIUM 28 (seeninge en strawe)

koot joubert 

genoeg is genoeg so ennvoudig is dit
as ons nie opstaan en n druk groep gaan begin nie dan sal dit ons eie skuld wees as ons vernietig word
nie niemand hoef van ons te hou nie maar solank hulle respek het en dit het hulle nie omdat want ons laat alles toe
myself staan bekend as n moeilike persoon maar ek laat nie eers na my mik nie wat nog aan my laat slaan
soos drie van hulle uitgevind het toe hulle my wou konfronteer desember 2009 en so ou klein stukkie yster in sy gedruk is toe vernader hy vinnig van mening
mense kom ons doen iets dit kan nie aangaan nie en ons het n reg

ek sou nie hier geskryf het as ek self nie keelvol is nie

Onbekende besoeker 

N wit regering is ongelukkig nie n opsie nie, nie in die volgende 20 jaar nie, dit is duidelik uit die ras samestelling van die kiesers basis.

Die probleem is onopgevoede, onintelegente individue wat ons land regeer - waarvan 90% daar is vir eie gewin. Dit is iets wat afrika nog moet leer, regerings amptenare en die publieke sektor is daar om die bevolking te dien, nie n maklike manier van geldmaak nie.

Ongelukkig was die NP regering se voorbeeld ook nie juis iets waarop die blanke kan terugstaan en vingers wys nie.

Daar is honderde/duisende goed gekwalifiseerde swart mense in SA wat oor die vermoee en intellek beskik om die land goed te regeer, die probleem is gewoondlik dat hulle kortskiet wanneer dit kom by wie hulle ken - om sodoende n regerings pos te bekom.

Onbekende besoeker 

waarom moet boere vermoor word.Hulle ploeg terug in die gewone agtergeblywendes se lewensstyl.Hoekom kan SA nie weer terug gaan na wit regering toe nie daar was glad nie moorde soos vandag nie.My innige meegevoel met die families wat nou moet ly

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.