|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
“Die nuut afgekondigde liggingsdifferensiale vir mielies het as ʼn groot skok vir mielieboere gekom,” sê mnr. Jannie de Villiers, hoofbestuurder van Graan SA. Luidens ’n verklaring is die differensiaal vir 183 silo’s met gemiddeld 28% verhoog, terwyl die differensiaal vir individuele boere met tussen -19% (R-21 per ton) en 68% (R161 per ton) aangepas is.
Liggingsdifferensiaal het ’n regstreekse invloed op die Sagis-afgeleide prys by ʼn bepaalde leweringspunt. Dié prys is ’n verwysing vir pryse in die kontantmark, derhalwe het dié aanpassings ’n dramatiese invloed op die pryse wat mielieboere, veral dié boere in afgleë gebiede, vir hul mielies kan beding.
Werklike vervoerkoste
De Villiers sê gelukkig was die jongste brandstofpryse nog nie bekend toe die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) die berekeninge gedoen het nie.
In die berekeninge het die JSE gepoog om die werklike vervoerkoste, gegrond op ’n geweegde gemiddelde tussen spoor- en padvervoer, vanaf ’n bepaalde plek tot by Randfontein te bepaal. In die verlede is die vorige seisoen se differensiaal as vertrekpunt gebruik en ’n persentasie aanpassing is daarop toegepas.
R451 miljoen
Dié aanpassing gaan boere R451 miljoen meer uit die sak jaag. De Villiers sê as ’n normale vervoerinflasiesyfer as aanpassing gebruik sou word, sou ’n 11%-verhoging geregverdig kon word. “Dit sou ʼn gemiddelde verhoging van R16 per ton pleks van die aangekondigde R41 per ton tot gevolg gehad het.”
’n Deel van dié kostestyging kan regstreeks aan swak vervoerinfrastruktuur toegeskryf word. Dit sou gewens gewees het om graan per spoor te vervoer, want dit is 30% goedkoper as padvervoer. Kapasiteitsprobleme by Transnet veroorsaak egter dat die hoeveelheid graan wat jaarliks per spoor vervoer word, afneem.
“Dit is jammer dat die boere alleen nou vir die ondoeltreffendheid moet opdok. Dit is (ook) jammer dat die JSE besluit het om hierdie 'regstelling' in die liggingsdifferensiale eerder as een stap te doen, as om dit in te faseer,” aldus De Villiers.
7 April 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Dit lyk vir my daar heers n oordonderende stilte by GSA . Pleks van die liggingsdifferensiaal aanspreek en na die graanboere se probleme omsien , is hulle besig om in te pak vir die groot trek . As hulle vort is moet ons maar weer soos ons voorgangers SAMPI laat herrys . SAMPI was immers "die mondstuk van die mielieboer " en was nie bang om sy se te se nie .
Ja onbekende besoeker, ek wonder oor die korrektheid van jou 70% aanname? Laat GSA vir ons veg- indien ek na die laaste paragraaf hierbo kyk het mnr de Villiers klaar die verhoging aanvaar. Ek betaal huidiglik my R2/ton, gaan die verhoging deur gaan dit defnitief verander. Volgens jou moet ons nie "kerm" nie, wat verwag jy moet ons doen? Alles netso sito-sito aanvaar? Kry vir jou.
Ja,stem saam oor liggingsdif.en is ook woedend, maar as safex nie die prys bepaal nie wie gaan? Die regering sal nie hoe pryse toelaat as dit beheer kan word nie.Los eerder die gekerm en kry die ander 70% rugryers om hulle geld te betaal sodat GSA vir ons kan veg en die man op straat se oe kan oopmaak!
Saffex moet uit die stelsel gehaal word.Al wat hulle doen is ons boere te bedonner.Kyk die verskil tussen saffex en
Chicago.
IS OOK NOU KEELVOL DAARVOOR DAT DIE BOERE ALTYD DIE SPIT MOET AFBYT VIR ALLES. HOEKOM KAN DIE KOPERS NIE OOK N SLAG DIE KOSTES DRA NIE,AS EK AS BOER N ITEM ERENS IETS KOOP MOET EK SELF DIE KOSTES DRA MAAR HOEKOM MOET DAAR BY ONS GELD AFGETREK WORD SAFEX IS NET N GELD MAAK STORIE. DOEN ASB WEG MET SAFEX EN LAAT ONS EIE LANDBOUBESIGHEDE OF N ANDER INSTANSIE OP DIE BEENGEBRING WORD WAT DIE BOER GOED GESIND IS. ONS AS BOERE IS NOU MOEG OM NET PRYS NEMERS TE WEES DIT IS TYD DAT ONS OOK N SLAG PRYS BEPALERS WORD.
Wes-Kaapse koringboere betaal mos al lank baie hoë vervoerdifferensiaal, maar daarna word mos skaars gekyk en sê dit moet daar wees. Boere sukkel mos al jare om dit af te skaf, maar met geen uitwerking nie. Simpel voorbeeld, Malmesbury se boere betaal R400 se "vervoerdifferensiaal" Randburg toe, maar die koring word letterlik oor die pad Bokomo toe gepomp.
Hopelik skrik die mense nou wakker en maak `n plan met die middelman wat al jare lank geld uit die boer se sak uit steel. Te veel stadsjapies dink die boer is skatryk en ry te veel mercedes karre, min wetend wat eitlik aangaan.
Sommer, net so, laat die boere nou ook betaal vir die gate in die pad! Ek het nie woorde om my absolute woede uit te spreek nie. Is ons boereprys verhoog omdat ons ons oes oor hopelose paaie na silo's toe moet vervoer? Mnr. de Villiers, jy het nou mos die kontakte in Pretoria, jy sê self dat die verhoging volgens VERVOERINFLASIE net R16 moes gewees het in plaas van die huidige R41.Waar kry JSE die reg om ons te belas vir slegte paaie, dit skree ten hemele. Wel, indien GSA dit so aanvaar kan ek net sowel my R2/ton gebruik om safex se vervoerdif. te betaal. Indien ons as boere wil oorleef sal ons moet gaan na kollektiewe bedinging en SAFEX uit ons bemarkingsisteem kry, ek wonder nou wie is ons grootste vyand, die ANC of JSE?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)