|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Wil jy jou foto op Landbouweekblad of Farming SA se voorblad sien? Nou’s jou kans! Landbou.com se nuwe fotokompetisie begin vandag en die wenners se foto’s sal op die betrokke tydskrifte se voorblaaie verskyn.
Landbou.com se eerste fotokompetisie het honderde inskrywings gelok en mnr. Robert Southey, die wenner, het ‘n oulike digitale fotoraam losgeslaan.
Vir die nuwe kompetisie kan deelnemers hul 10 beste landbouverwante foto’s instuur na foto@landbou.com of die foto’s op die webwerf laai.
Die foto’s moet A4 grootte en 300 dpi wees, en moet in portret-formaat voorgelê word.
Die redakteurs gee voorkeur aan foto’s wat nie gemanipuleer is nie.
Lees die reëls en stuur jou foto’s! Die kompetisie eindig op 15 Maart.
18 Februarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Mia,
Laat waai! Stuur verkieslik net een foto per e-pos-boodskap.
Jan Bez
Landbou.com
ek wil 'n foto inskryf maar hoe e-pos ek in A4 grootte en wat is 300dpi? Kan ek dit net gewoonweg aanheg by 'atachments'? Kan ek meer as een foto per e-pos stuur?
Ek dink ons is goeie kandidate om op Landbouweekblad se voorblad te verskyn aangesien ons in die Vrystaat boer. Julle kan ons ook sien op die webblad Back-2-basics.co.za. Domein Holtzhausen is net so 'n goeie kandidaat. Baie skoonheidskompetisietitels agter haar naam en die dogter van 'n boer in Grootvlei. Hoor graag julle antwoord hierop, Anita.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)