Deur CORLI VAN DER MERWE
18 Mei 2012

1011 keer gelees | 1 kommentaar

Die Nampo-Oesdag is blykbaar nie net ’n plek waar boere en belanstellendes in die landbou kom kuier nie, maar ook ’n geleentheid waaroor vir die vale getwiet word!


Die Nampo-Oesdag is blykbaar nie net ’n plek waar boere en belanstellendes in die landbou kom kuier nie, maar ook ’n geleentheid waaroor vir die vale getwiet word!

Die sosiale netwerk Twitter het die afgelope week gegons met foto’s, kommentaar en vrae oor die Nampo-Oesdag wat buite Bothaville plaasgevind het.

Veral die twiets wat mnr. Jonathan Jansen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat, oor die Nampo-Oesdag geskryf het, het heelwat kommentaar ontlok. Jansen het Nampo Donderdag (18 Mei 2012) besoek.

Hy het onder meer op Twitter geskryf: “Nampo neem die leiding in die transformasie van die landbou in ons land. Ek het in my lewe nog nie soveel swart boere gesien wat stories van verandering vertel nie.”

Jansen het ook geskryf dat as jy nog nie by Nampo was nie, het jy geen idee watter rigting Suid-Afrika inslaan nie.

Die Nampo-Oesdag was só ’n gewilde onderwerp op Twitter dat dit met tye Donderdag een van die onderwerpe was waaroor daar die mééste in Suid-Afrika getweet is.

* Is jy op Twitter? Volg Landbouweekblad hier.

18 Mei 2012
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/05/23 09:24:17 AM

Die is ook 'n klomp bog. Ek was self by Nampo, en ek het ten minste 90% wit mense daar gesien, waar sal al die 'storietjies' van swart boere van verandering vandaan kom? Die is ook maar net weer 'n soetsappige beriggie om die werklikheid te verskans...

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights