Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Nasionalisering-van-wildplase-afgeskiet

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 17:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nasionalisering van wildplase afgeskiet

 
Wildplase. Foto: KOOT MARAIS
Wildplase. Foto: KOOT MARAIS

“Ek ken nie een boer wat sake doen deur produktiewe landbougrond aan te wend vir ‘n wildplaas nie. Die boere vat nie saaigrond en rig wildplase daar op nie. Dit sal ekonomies nie sin maak nie. Dis soos om ‘n huis op die dorp te koop en jou skape daar aan te hou!”

Dít was dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, se reaksie op bewerings dat die Regering wildplase wil nasionaliseer omdat dié plase nie tot voedselsekuriteit bydra nie. Luidens ‘n berig in Die Burger het dr. Joe Phaahla, adjunkminister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, en mnr. Tozi Gwanya, dié departement se direkteur-generaal, gister die stelling na afloop van ‘n vergadering in die Parlement gemaak.

Spesifieke fokus val op wildplase in Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap. Hulle het glo gesê boere wat die grond tot hulle beskikking produktief bewerk, hoef egter nie die staat te vrees nie.

Nasionalisering 'n omstrede kwessie
Volgens die berig het Phaahla en Gwanya ná ‘n vergadering met die Parlement se staande komitee belas met openbare rekeninge, waartydens hulle aangespreek is, gesê dit is onaanvaarbaar dat baie mense sonder grond sit terwyl sommiges derduisende hektaar besit.

Die kwessie van die nasionalisering van landbougrond het die afgelope week opslae verwek nadat ‘n voorstel om produktiewe grond ‘n nasionale bate te maak, glo in die departement se strategiese plan vir die volgende drie jaar verskyn het.

Wildboere wil landuit
De Jager sê intussen staan wildboere, veral dié wat met swartwitpense en leeus boer, in toue om hul sakebelange na Mosambiek, Angola en Zambië uit te brei. “Dié lande doen baie moeite om boere soontoe te lok”.

Hy sê wildboere is baie gefrustreerd met plaaslike beleid en maatreëls. “Daar is eenvoudig net te veel reëls en regulasies. Party ouens wag tot drie jaar vir ‘n permit om goedgekeur te word.”

Hy waarsku dat die bedryf ten gronde kan gaan as boere na ander lande begin uitbrei. “Ons het reeds bedrywe soos koffie in die land verloor en moet nou al ons koffie invoer.” Volgens De Jager dra die wildbedryf in Limpopo sowat R6 miljard per jaar tot die provinsie se inkomste by.

Wildbedryf vergader
De Jager sê Gwanya het niks oor die voorstel tydens ‘n vergadering oor grondhervorming vroeër vandeesweek gesê nie. “Hy is berug daarvoor om met sulke verassings te kom na ‘n vergadering.”

Hy sê die wildbedryf vergader reeds vanmiddag om die situasie te bespreek.

18 Maart 2010

4.333335
 
 
  • 2142 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

boesman 
21 Mar 2010 12:10

Het hierdie arme patetiese regering van ons nog nie geleer nie.Hoeveel plase en grond is nou al aan die sogenoemde agter geblewenes gegee en nie net plase nie maa sowel as die nodige implemente en diere en al wat nog gebeur het op daardie plase is net mooi niks nie,jy gaanhule nie ophef deur an hulle enigeiets te gee nie hef hulle eerder op deur aan hulle opleiding te verskaf om hulle self op e hef.Ekself het fo---l verniet in hierdie lewe gekry nie hoekom moet ek my besitings deel met ule.Dit is nou al 15 jaar nadat die ANC oorgeneem het en al wat tot dusver gebeur het is dat die manne indie hoe poste en in die regering hulself verryk het ten koste van die dom do----rs wat el erkiesing vi hule stem.Totdat daar nie meer iets is om van die blankes te vat nie dan wonder ek wat gaan die arme minder bevooregtes dan doen.Die regering moet bykom en hulle vingers uit hulle g===e trek en nugter begin dink of anders gaan dit 10 maal erger as n Zimbabwe word glo my.

  • antwoord
Bekommerde besoeker 
20 Mar 2010 16:40

Nog steeds 'ons' en 'hulle' na al die jare?

  • antwoord
Bekommerde besoeker 
20 Mar 2010 15:32

Dis kommerwekkend dat ons na al die jare steeds praat van ons en hulle.

  • antwoord
Onbekende besoeker 
20 Mar 2010 15:07

Nou wat kla al die _ _ _ _ n jabroers nou al weer julle het mos almal die blanko tjek saam geteken in 94?

  • antwoord
Onbekende besoeker
19 Mar 2010 17:19

EK is gat vol vir die ****.Hulle moet my wildplaas vat ek sal nie gaan le sonder n geveg nie!!!!!

  • antwoord
Dr Gerhaldo Compion 
19 Mar 2010 12:49

Ek stem saam met die twee here dat dit onaanvaarbaar is dat sommige mense baie grond het, en ander niks.Dis vir my nog baie meer onaanvaarbaar,dat sommige mense baie verstand het,en ander baie min of geen,en dan moet die wat het, vir die dommes sorg.Self sal die dommes nie probeer om hulle slimmer te leer nie.Hulle wil sommer net die slimmes wat ook eiendom het,se goed afvat.Die lewe werk egter nie so nie,en hoe gouer die mense dit leer,hoe vinniger kan ons almal vorentoe gaan.

  • antwoord
Onbekende besoeker 
19 Mar 2010 08:42

Dink net aan al die bome in die wildtuin wat hulle kan afkap vir vuurmaak hout

  • antwoord
Vrystaat boer 
18 Mar 2010 14:55

Hulle het klaar Kruger Park deur hulle agterente getrek, wil hulle dit nou ook met die wildplase doen of net die wild opvreet?

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Meer geel mielies verwag
  • Meer koring-hektare verwag
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction