|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Ideologiese uitsprake oor die nasionalisering van die wildbedryf kan dié hoogs mededingende sektor ernstig kniehalter, sê dr. Gert Dry, uittredende voorsitter van Wildbedryf SA (WRSA).
Dry het op die vereniging se Wildboer van die Jaar-geleentheid gepraat. Hy sê uitsprake deur mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, dat wildplase in die staat se restitusie-visier is, kan tot verminderde belegging in die wildbedryf lei.
Bydrae noemenswaardig
Die jagbedryf alleen voeg jaarliks R8 miljard rand tot die land se bruto binnelandse produk by en wildsvleis voorsien in 10% van die land se vleisbehoeftes. Dit help ten opsigte van voedselsekerheid omdat dit werk verskaf en mense sodoende in staat stel om kos te koop.
“Om die wildbedryf as onproduktief te verklaar, dui op moedswilligheid,” het Dry gesê. Hy sê die vereniging is saam met me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, bekommerd oor die verminderde belegging in die landbousektor.
Hy sê dreigemente oor nasionalisering kniehalter juis moontlike belegging.
Lees ook:
'Staat onkundig oor wildplase'
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 16 April 2010.
12 April 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Plaas hulle al die mense in die landelike gebiede woonstelle gee daar waar hulle bly en dan die grond waar op die sink schaks op staan kan hulle die mense leer goed plant sodat voedsel skaarste nie n probleem word nie. Daar sal dan gesien word wie kan boer en waar mee daar geboer kan word. So doende sal minder mense honger gaan slaap en hulle sal leer om te werk vir wat hulle wil he. Daar benewins sal respek ook aan gekweek word want hulle sal mekaar uit sorteer as hulle oeste beskadig word.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)