JAN CILLIERS
12 Desember 2003

2074 keer gelees | 0 kommentaar

NCD het op 10 Desember na 'n openbare maatskappy, Clover Industrieë Beperk, omgeskakel.


Die Nasionale Koöperatiewe Melkery (NCD) het op 10 Desember na 'n openbare maatskappy, Clover Industrieë Beperk, omgeskakel nadat 95 % van die aandeelhouers op die afgelope reeks jaarvergaderings ten gunste daarvan gestem het.

Volgens mnr. Manie Roode van Clover, wat die omskakelingsproses gekoördineer het, is 57 314 649 gewone aandele van 10 sent elk en dieselfde getal voorkeuraandele teen 290 sent elk uitgereik.

Die NCD-direksie het sekere voorwaardes gestel vir die omskakeling na 'n openbare maatskappy, waaronder dat boere die beheer moes behou. Voorts moes produsente se belegging in NCD in die nuwe maatskappy veilig wees, die kapitaal moes beskerm word en waarde moes tot die bestaande kapitaal gevoeg word. Die laaste voorwaarde is dat lede se bestaande voordele en voorregte binne die koöperasie nie aangetas mag word nie.

Dié voorwaardes is onder meer vervang in die feit dat lede se belange, die kapitaalfonds en reserwetoedeling in die nuwe maatskappy verpoel is. Die reserwe het bestaan uit 'n bedrag van R44 miljoen. Die reserwetoedeling word verdeel volgens 'n produsent se melkverkope soos tot op 31 Oktober vanjaar aan NCD oor die afgelope vyf jaar. Dié waarde is deur 'n nominale waarde van R3 verdeel om te bepaal hoeveel aandele 'n produsent gaan hou.

Elke produsent se getal aandele word dan verdeel in gewone aandele van 10 sent per aandeel en voorkeuraandele van 290 sent per aandeel. Die gewone aandele word net deur melkproduserende lede en die stabilisasietrust gehou. Hierdie aandele kan net onder melkboere verhandel word en moet pro rata saam met leweringsregte (die ou kwota) verhandel word. Dit is ook net dié aandeelhouers wat stemreg het en derhalwe word die nuwe maatskappy deur melkproduserende boere beheer.

Voorkeuraandele verdien 'n kwartaallikse dividend van 75 % van Absa se prima uitleenkoers. Dié 75 % is heelwat hoër as die vorige formule van 50 %.

Volgens mnr. Tobie de Villiers, hoofbestuurder van melkwinning by Clover, verhoog die reserwe die bedrag waarop die premie van 25 % verdien word en ondersteun die voorkeurdividend die waarde van die voorkeuraandele. Produsente hoef dus nie te vrees dat hul kapitaal in waarde sal afneem nie.

Hy meen dat as die nuwe maatskappy voortgaan om 'n goeie wins te toon en daar verdere dividende uit dié wins verklaar word, dit op die voorkeuraandele betaal sal word. Dit sal neig om die waarde van die voorkeuraandele te verhoog.

19 Desember 2003


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights