|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Die voedselreus Nestlé word daarvan beskuldig dat hulle die land se genetiese bronne uitbuit en patentreg skend, sê ‘n internasionale organisasie, Berne Declaration.
Luidens ‘n berig in Business Day sê dié Switserse organisasie en Natural Justice, ‘n nie-regeringsorganisasie, vyf onlangse patentaansoeke van Nestlé oor die gebruik van rooibos en heuningbos stem nie ooreen met die Suid-Afrikaanse wet en die Konvensie oor Bio-Diversiteit nie.
Plante gebruik
Vier van die vyf pantente is gebaseer op die gebruik van rooibos en heuningbos vir die behandeling van haar- en velprobleme. Nog ‘n patent fokus op die gebruik van rooibos om infeksies te voorkom.
Beide die plante is eie aan die Wes-Kaap, en dit word al vir ‘n geruime tyd in die omgewing vir veral medisinale doeleindes gebruik.
Die Departement van Omgewingsake en Waterwese het glo aan die organisasies bevestig dat Nestlé nooit permitte ontvang het om hierdie Suid-Afrikaanse plante te gebruik nie.
Nestlé ontken aantygings
Intussen het Nestlé in nog ‘n Business Day berig ontken dat hulle die land se bio-diversiteitswet oortree het of skuldig is aan “rooibos-roof”.
Mnr. Ravi Pillay, ‘n woordvoerder vir Nestlé, sê die maatskappy het nie navorsing gedoen oor die gebruik van dié plante nie, en hulle het ook nie enige plante uit die land geneem nie.
Bron: Business Day
1 Junie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Die Rooibosraad is tans besig om die naam Rooibos as n geografiese indikator te registreer, wat beteken dat in die toekoms die woord Rooibos slegs vir die boer in Suid-Afrika beskikbaar sal wees om te gebruik. Dit sal verhoed dat ander lande, soos Amerika, nie weer die woord Rooibos as n handelsmerk kan registreer nie
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)