Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Nog-40-helikopters-teen-stropery

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 17:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nog 40 helikopters teen stropery

 
deur ALANI JANEKE

Nog 40 helikopters is by die stryd teen renosterstropery bygevoeg na ‘n verwarrende insident by Hammanskraal.

Mnr. Andre Snyman, die stigter van die eBlockwatchgroep, sê die National Airline Cooperation (NAC) het Woensdag (2 Februarie), hulle gewig by die organisasie se Rhino Dream Team gegooi.

Verdagte helikopter

Snyman sê van die lede van die Dream Team het hom Dinsdagmiddag (1 Februarie) laat in kennis gestel van ‘n helikopter wat laag oor ‘n wildsplaas met renosters in die Hammanskraal-distrik gevlieg het.

Die helikopter het so laag en stadig gevlieg dat ‘n foto daarvan geneem kon word. Snyman sê hy het sy netwerk van kontakte in kennis gestel sowel as die Pilots Against Rhino Poaching (PARP), in ‘n poging om die moontlike stropers te stop.

Nog 40 helikopters

Die betrokke vlieënier van die NAC het Snyman Woensdagoggend gekontak en gesê: “Dit was ek, ek is nie ‘n stroper nie, moenie skiet nie”.

Volgens Snyman het die vlieënier, wat ‘n permit het om oor ‘n naburige plaas te vlieg, verdwaal en oor die verkeerde plaas gevlieg.

“Die man het egter gesê hulle is moeg vir die slegte naam wat helikoptervlieëniers weens stropery gekry het, en hulle wil by die stryd betrokke raak. Hulle het 40 helikopters wat landwyd vlieg, en hy het die dienste van dié helikopters aan die span belowe”.

Intussen sê Sanparke 19 renosters is al die jaar in Suid-Afrika doodgemaak.

2 Februarie 2011

0
 
 
  • 1915 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Francoais Schutte 
05 Feb 2011 16:05

N mens begin wonder wat skuil agter die stropery. Want dit is so eenvoudig laat die renoster eienaars die horings elke jaar stroop en verkoop.

  • antwoord
Onbekende besoeker 
03 Feb 2011 19:30

wettig die verkoop van renoster horings en dan sal die strooping staak en dit sal dan winsgewend genoeg wees om met teeling voor te gaan en self die diere te beskerm....
die chinese mark bestaan uit 2 miljard mense ..daai mark gaan nie weggaan net omdat daar n verbod op die horings is nie...in teendeel hoe skaarser hulle word hoe **** die prys en , hoe gevaarliker word dit om die diere aan te hou..

  • antwoord
Onbekende besoeker 
03 Feb 2011 09:56

As jy in die lug verdwaal vlieg jy laar of hoër om te sien waar jy is? Met al die hoë koppe wat sover aangekeur is wonder mens maar net wie kan jy vertrou.

  • antwoord
Hendrik Neethling 
02 Feb 2011 17:10

Seker maar 'n geval van "PRAAT met my!!!" Maar ek is baie dankbaar dat hier iets GEDOEN word eerder as net blah-blah... Sterkte mense!!!

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Vleis: Smaak voor omgewing vir kopers
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction