Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Nog-regsaksie-teen-de-beers-fuel

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 17:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nog regsaksie teen De Beers Fuel

 
Deur NICO VAN BURICK

Verdere regsoptrede teen die omstrede biodieselonderneming De Beers Fuel en ander betrokkenes word beoog nadat 'n dringende aansoek om die maatskappy te likwideer in die Pretoriase Hooggeregshof van die hand gewys is.

Van die aansoekers het vir 'n ondersoek gevra om vas te stel wat van franchise- en beleggingsgeld geword het wat in 'n trustrekening betaal is. Meer as R20 miljoen is na bewering ter sprake nadat beleggers gelok is met die belofte dat biodiesel uit alge vervaardig sou word.

Die Amerikaanse maatskappy wat die tegnologie sou verskaf, GreenFuel Technologies, het vroeër sy lisensie aan De Beers opgeskort. De Beers Fuel het geen verbintenis met die diamantmaatskappy De Beers nie.

Mnr. Martin Hood, prokureur vir ván die aansoekers, sê mnr. Hendy Scoonbee, 'n voormalige raadgewer vir De Beers, en mnr. Howard Woolf, 'n prokureur by wie na bewering trustgeld inbetaal is, sal nou by die saak betrek word. 'n Afsonderlike aksie is ook begin teen Bio Diesel Refinery Holdings wat vir die bemarking van franchises verantwoordelik was en waarby Scoonbee betrokke was.

Belanghebbendes in die biobrandstofbedryf het hul teleurstelling uitgespreek oor die omstredenheid rondom De Beers Fuel wat op Mookgopong (Naboomspruit) begin is. Dr. John Purchase, hoofbestuurder van Graan SA, sê Graan SA en die Suider-Afrikaanse Biobrandstofvereniging (Saba) wil graag 'n biobrandstofbedryf met geloofwaardigheid en integriteit in Suid-Afrika sien en werk hard om dit só te vestig. "As daar enige kriminele optrede in die bedryf bewys word, moet die gereg sy gang loop," het hy gesê.

Mnr. Fanie Brink, besturende direkteur van Biofuels Industry Development, sê verdagte skemas kom in enige besigheidsomgewing voor. Die biobrandstofbedryf behoort nie daardeur benadeel te word nie. Dit moet ook nie twyfel saai oor die voordele van biodiesel of selfs biodiesel uit alge nie.

"Die alge-tegnologie is nog nie ver genoeg gevorder vir kommersiële gebruik nie, maar dit kan vorentoe nog 'n ongelooflike bron van olie met hoë potensiaal vir biobrandstof word." Hy sê die bedryf is nog nuut in Suid-Afrika en mense wat hulle daarin wil begeef, moet hulle van die feite vergewis voor hulle halsoorkop betrokke raak.

19 Julie 2007

0
 
 
  • 1284 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Kabelvanger
  • Zim-onreg moet reggestel word
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction