Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Noord-kaap-r132-miljoen-vir-vloedskade

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 17:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Noord-Kaap: R132 miljoen vir vloedskade

 
Deur ALANI JANEKE

Groot dankbaarheid heers nadat Agri Noord-Kaap in kennis gestel is dat ramphulp van R132 miljoen vir vloedskade beskikbaar gestel is.

Mnr. Johan van Rensburg, hoofbestuurder, sê hulle vergader volgende week om die fynere besonderhede van die uitbetalings te bepaal, aangesien ’n gedetaileerde uitbetalingsproses gevolg moet word.

“Al wat ons tans weet, is dat dié bedrag voor Maart aanstaande jaar uitbetaal moet wees. Ons is wel baie bly dat iets op die tafel is, want ons het in ’n stadium gedink dat ons niks gaan kry nie,” vertel Van Rensburg.

Dié geld is toegeken nadat verwoestende vloede aan die einde van verlede jaar en in Januarie en Februarie vanjaar boere langs die Oranjerivier getref het.
 
Uitkoms vir die Langkloof

Mnr. André de Wit, voorsitter van die Langkloof-boerevereniging, sê hulle is ook baie dankbaar vir die goeie nuus wat dié boere gekry het. Agri SA het die vereniging ingelig dat hulle ook in aanmerking kom vir die IDC (voorheen bekend as die Nywerheidsontwikkelingskorporasie) se vloedleningskema – van 3,5% rente op lenings vir vanjaar en aanstaande jaar.

De Wit het gevra dat dié boere ook daarvoor in aanmerking moet kom, aangesien hulle sedert erge vloede in 2007 nog niks van die ramphulpfondse wat aan hulle toegeken is, ontvang het nie.

Wat dié geld betref, wag hulle op die terugvoering van ’n algemene verslag van Agri SA oor verskeie vloede en natuurrampe wat me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, aan die kabinet moet voorlê.

Groot oes
Intussen is De Wit baie opgewonde oor die groot oes wat dié oestyd vir die vallei verwag word. “Ek was verlede week by ’n bemarkingsvergadering en dit lyk of ons oes beter is as dié van die ouens in die Wes-Kaap, wat vir ons vanjaar beter bemarkingsgeleenthede beteken.”

Ná baie jare van swaar trek in dié vallei, lyk dit asof vanjaar se oes vir die boere ’n uitkoms kan bied. De Wit sê vroeë perske-oeste sal oor twee weke begin inkom, terwyl die groot oes vir ál die vrugte in die middel van Januarie aanstaande jaar sal plaasvind.

“Ons is so dankbaar. Dit is asof daar vanjaar ’n algehele 'revamp' in die natuur was, alles is net mooi!” vertel De Wit.

16 November 2011

0
 
 
  • 807 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Brande teister die Kaap
  • Skaapboer sny die rieme dun
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction