Nuwe aartappel 'ekovriendelik'

 

'n Nuwe soort Skotse aartappel - Vales Sovereign - beloof om beter vir die omgewing te wees deur minder water en kunsmis te gebruik. Dié kultivar is ontwikkel deur die Skotse graan-navorsingsinstituut en Greenvale AP, Brittanje se grootse verskaffer van aartappels.

Dié nuwe aartappel word deur die Britse supermarkgroep Tesco as 'n "boerdery-mylpaal" beskryf. Die produk word in sy winkels verkoop. Die Vales Sovereign het ook dié maatskappy se titel Variëteit van die Jaar vir vars produkte losgeslaan.

"Vales Sovereign is gunstige deur produsente en verbruikers ontvang. Die aartappel vaar goed op onbesproeide grond en benodig minder kunsmis," sê mnr. Alex Dower van Tesco.

Bron:

BBC (BBC)

UKPRWire (UKPRWire)

17 Februarie 2009

0