Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Nuwe-bakkery-laat-broodjies-rol

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 17:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nuwe bakkery laat broodjies rol

 
Deur AMELIA GENIS

Liefhebbers van kitskos kan rustig slaap: ‘n Nuwe bakkery wat op volsterkte 30 000 hamburgerrolletjies per uur kan lewer, is pas in Bellville-Suid geopen.

Die nuwe East Balt SA-bakkery, wat teen ‘n koste van R170 miljoen opgerig is, spog met hoogs gesofistikeerde tegnologie en is ‘n gesamentlike onderneming van die geïntegreerde pluimveemaatskappy Astral en die Amerikaanse bakmaatskappy East Balt.

Die bakkery se grootste kliënte is KFC en McDonalds. Die kitskosmaatskappye vereis dat die rolletjies wat hulle koop, aan streng standaarde van konstante eenvormige smaak, grootte en voorkoms voldoen.

Verteenwoordigers van die maatskappye het die East Balt-bakkery geloof vir sy vermoë om juis konstante gehalte te lewer.

Mnr. Chris Schutte, hoof uitvoerende beampte van Astral, het by die opening van die bakkery gesê aangesien ‘n bakkery graan as basis het, pas dit goed in by hul pluimveesake. “Dieselfde volgehoue gehalte wat ons hoenderprodukte vereis, word ook deur die kopers van ons rolletjies vereis.”

Hoewel die bakkery mettertyd ander kliënte in die kitskos- en kleinhandelmark sal werf, sal KFC en McDonalds, wat na verwagting in die toekoms aggressief sal groei, altyd voorkeur kry. Schutte glo eweneens dat hulle mettertyd vir KFC kan oortuig om ook hul hoendervleis by Astral te koop.

Een van die interessantste aspekte van transaksies met die East Balt-maatskappy is dat dit met ‘n handdruk van vertroue beklink word, en daar geen kontrakte gesluit is nie.

Me. Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het die bakkery geopen en gesê die feit dat die bakkery in die Wes-Kaap geopen is, dui op vertroue in die provinsie se leierskap en vermoë om beleggers te lok.

2 Desember 2010

0
 
 
  • 1125 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Hoenderstroganoff
  • Plant SA
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction