|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
’n Nuwe direkteur-generaal vir die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye sal waarskynlik binnekort aangestel word.
Die aansoeke vir die pos het op 14 Desember gesluit en volgens me. Tsotso Sehoole, kommunikasiehoof van die departement, word daar nou ’n kortlys saamgestel waarna onderhoude met die geskikte kandidate gevoer sal word. “Dit is ’n voorrangsaak om die pos te vul.”
Me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het vroeër gesê sy sou graag die nuwe jaar met ’n nuwe direkteur-generaal wou begin. Sy wou egter eers die hervorming en samevoeging van die onderskeie departemente afhandel.
Die onderskeie departemente (landbou, bosbou en visserye) is nou ten volle geïntegreer, die herstrukturering is afgehandel en die nuwe departement is nou baie meer gefokus. Joemat-Pettersson het gesê daar was talle goeie aansoeke vir die pos en sy sal iemand kies wat ’n goeie bestuurder eerder as ’n spesialis is.
“Ek het genoeg wetenskaplikes en kundiges om my van raad te bedien. Wat ek nodig het is iemand wat die departement goed kan bestuur, wat die proses van verandering kan bestuur en die ontwikkelingsrol van die departement kan uitbou. Ek self is ’n politikus – nie ’n bestuurder nie.”
5 Januarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)