|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
'n Hersiene uitgawe van die Bemestingshandleiding het pas die lig gesien.
Dié gewilde publikasie, waarvan meer as 'n duisend kopieë die afgelope drie jaar verkoop is en wat nou die vyfde keer hersien is, dek 'n wye spektrum van onderwerpe wat insluit grondvrugbaarheid, watergehalte, plantvoeding, kunsmisvervaardiging en -produkte, interpretasie van grond- en blaarontledings, sowel as die bemesting van 25 verskillende gewasse.
"Dit is in 'n maklik leesbare styl geskryf en is 'n moet vir elke boer, bemestingsadviseur en landboustudent," sê mnr. Hilmar Venter, direkteur van die Missstofvereniging van Suid-Afrika (MVSA). Die handleiding word voorgesryf as studiemateriaal aan verskeie universiteite, technikons en landboukolleges.
Mnr. Venter sê Bemestingshandleiding 2002 is oor 'n tydperk van twee jaar deur 'n paneel kundiges van die MVSA, gesteun deur verskeie bekende akademici en bemestingkundiges van navorsings- en kommoditeitsinstansies hersien.
'n Aantal nuwe hoofstukke is opgeneem en sluit in watergehalte, bemesting van koring onder besproeiing en die bemesting van pekanneut- en makadamiabome. Sommige hoofstukke is in geheel herskryf en ander is hersien om die inhoud met nuwe tegnologie te laat strook.
Die boek met 312 blasye se inligting is beskikbaar teen R200. Vir meer besonderhede kan me. Hermien Wouda van die MVSA genader word by tel. 012 349 1450, faks 012 349 1463 of e-pos fssamvsa@mweb.co.za
15 November 2002
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24