Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Nuwe-lughawe-kan-landbou-help

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 17:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nuwe lughawe kan landbou help

 
Andries Groenewald

Internasionale vlugte gaan nie in die afsienbare toekoms op die nuwe internasionale lughawe Kruger, naby Witrivier in Mpumalanga, land nie. Tog word geglo dat hierdie lugbrug groot moontlikhede vir Mpumalanga se toerisme en landbou inhou.

Die Kruger-lughawe gaan met sy internasionale status die
toerismebedryf 'n hupstoot gee. Daarby kan dit uitvoermoontlikhede vir dié
streek se landbou open.

Volgens mnr. John Manning, besturende direkteur van
dié lughawe, is ten minste sewe binnelandse vlugte reeds geskeduleer om daagliks
op die nuwe aanloopbaan te land. Die Suid-Afrikaanse Lugdiens en Nationwide
Airways het elk onderskeidelik drie en twee daaglikse vlugte van die
Johannesburgse internasionale lughawe geskeduleer. Benewens hierdie vlugte,
ondersoek albei lugdienste die moontlikheid van daaglikse vlugte van Kaapstad en
Durban.

Geen internasionale vlugte is tans vir landing op die nuwe lughawe
geskeduleer nie, maar buitelandse toeroperateurs wil graag huurvlugte na dié
lughawe bring. Die nuwe lughawe se ligging by Primkop, naby Witrivier, en die
feit dat dit internasionale status het, maak dit gerieflik vir buitelanders wat
die Nasionale Krugerwildtuin wil besoek, sê mnr. Manning.

Mnr. Louis Smit,
besturende direkteur van Laeveld Korporatiewe Beleggings, sê die nuwe lughawe
sal beslis op medium- tot lang termyn voordele vir Mpumalanga se landbou
inhou.

Mpumalanga se tradisionele landbouprodukte soos tabak, avokado's,
piesangs, sitrus, mango's en neute is hoëwaarde-produkte wat ongelukkig meestal
groot volumes beslaan. Met die huidige daaglikse geskeduleerde vlugte kan
binnelandse nismarkte waarskynlik onmiddellik bedien word.

'n
Lewensvatbaarheidstudie het egter aangedui dat dié lughawe die vermoë sal hê om
tot 60 ton vrag per dag na buitelandse bestemmings te bring.

Mnr. Johan le
Roux, een van Suid-Afrika se grootste tabakboere op wie se plaas die nuwe
lughawe gebou is, sê die Laeveld het groot moontlikhede vir agritoerisme wat
nou ontgin en ontwikkel kan word. Met die verwesenliking hiervan sal broodnodige
buitelandse kapitaal invloei.

Dit gaan goed met ál die landboubedrywe in
Mpumalanga en met die huidige wisselkoers word uitvoer vir ál wat boer is net al
hoe aanlokliker. Tot dusver het Zimbabwe agt keer meer blomme as Suid-Afrika
uitgevoer, maar met die nuwe lughawe en die wanorde in Zimbabwe sal 'n leemte
ontstaan wat waarskynlik uit Mpumalanga gevul kan word.

Die uitgebreide
voordele wat van die lughaweprojek uitkring, kan vir Mpumalanga, met sy
onskatbare geleenthede, net die nodige inspuiting wees om werk- en
welvaartskepping behoorlik op dreef te kry.

Die ingebruikneming van die
lughawe is vroeër uitgestel omdat die projek in die konstruksiefase vergroot is.
Só is die lughawegebou van die oorspronklike 4 800 m2 vergroot tot die huidige
sowat 8 000 m2, terwyl die aanloopbaan van 2 600 m tot 3 100 m verleng is, sê
mnr. Le Roux.

18 Oktober 2002

0
 
 
  • 1893 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Nuwe koringkultivars
  • Veiligheid met radio's opgeskerp
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction