Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Nuwe model vir grondhervorming?

 

Wit kommersiële boere moet voortaan nie net mentors wees nie, maar ook die geleentheid kry om aandele te besit in plase wat vir swart begunstigdes gekoop word.

Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, is ’n voorstander van dié model waarmee die kommersiële boer nie net  sy kennis oordra nie, maar ook ’n mede-eienaar word.

Só word suksesvolle boerderye vir die begunstigdes van grondhervorming verseker. “Dit is ’n model wat ek in die land wil sien posvat”, het hy in ’n onderhoud met Landbouweekblad gesê.

Hy het aangedui dat daar met die herkapitaliserings- en ontwikkelingsprogram vir sukkelende plase geprobeer sal word om die kommersiële boere te kry om saam met hul swart eweknieë op die plase te werk as mentors en medebestuurders en om selfs die geleentheid kry om aandele te bekom.

Hy het aangedui dat die departement “groot met hierdie model” gaan voortstoom.

Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 12 Februarie 2010.

5 Februarie 2010
 

3
 
 

Kommentaar

Attie

Elton, maak so. Groete

Elton 

Attie,
Ek ken nie Ousenni self nie maar ek ken Orezone en kan my nommer daar by hulle kantoor gaan los vir jou. Ons verskaf spyseniers en kamp bestuur dienste aan die mynbedryf so dis nie moeilik om mekaar te kry nie.

Soos ons hier se, Bon journée.....

Attie

Elton, Ja hoe gaan ons mekaar se e-mail adresse kry? Ek dink nie dit is 'n goeie idee om dit hier te lys nie. Ken jy vir Ousseni Derra van Orezone? Ons verskaf toerusting aan die mynbedryf.

Elton 

Hi Attie,
Jong dis maar n klein wereldjie van ons,
Ek is in Burkina Faso op die oomblik. Ek werk nou al so 2 jaar hier. Well as jy dan nou Burkina toe kom, laat weet my miskien kan ons n bier gaan drink en die affere verder uitpraat...hier ver van alles af.
Wat se werk doen jy as ek mag vra?

Attie

Elton, ja dit was nou lekker. Self boer ek nog nie, maar hunker daarna. Waar in Wes Afrika bevind jy jouself? Ek is binne die volgende twee weke in Niger en Ivoorkus en dalk ook Burkina. Ek probeer nog geld bymekaarmaak om my plasie te kan koop.

Elton 

Attie,
Dankie vir n interesante geselsie, Ek sit in wes afrika en die forum is die naaste wat ek aan my boerdery kan kom op die oomblik, so ek geniet nogal die terugvoering.
Waar boer jy?

Attie

Elton, ek stem saam dat boere mekaar moet bystaan. Ek het wel 'n probleem daarmee dat my belastingeld gemors word om vir ouens grond te gee wat nie eens 'n idee het van hoe om kommersieel te boer nie. My eerlike opinie is dat Suid Afrika nie die geld of tyd het vir hierdie nuwe eksperiment nie. Wat die artikel aangaan, ja, dit klink al beter as net grond uitdeel, maar wie gaan ooit bele in 'n besigheid waar jy sekerlik die minderheidsaandeel gaan hou en dan boonop ook nog al die werk sal moet doen. Ek glo al die kommersiele boere en mense wat Suid Afrika op die wenpad wil sien sal 'n sug van verligting gee as die regering hulle begin bemoei met regeringsake en ophou om kleinlike politiek te bedryf. Doen net die ding reg is al wat almal voor vra. Wie weet, dan kom gesindhede dalk sommer vanself reg. Sterkte met jou boerdery.

Elton 

Attie,
Nee, ek stem 100% met jou saam, opleiding is definitief wat nodig is. Ek het n groep wat (groot)grond, beeste en onlangs splinternuwe draad heeltemal gratis gekry het van die regering-hulle is reg oorkant my. Nou dis waar die saamewerking inkom, as ek met die bietjie wat ek weet (en my buurmanne) hulle n bietjie help, met bv. hoe om hul kalf tye te sinchroniseer, hoe om daai ou lande weer te ploeg, ens. wel dan kan hulle mos self voortgaan....of sit ek die pot mis. Al wat nodig is is n bietjie tyd, n bietjie meer werk, en natuurlik baie geduld met ons mede "boere". Maar dis waar ek vasval, baie ouens, en ek glo jy gaan nou dieselfde doen, se ek leef in n droomwereld, idealisties, ens,ens...miskien is ek, maar ek het alreeds vrugte sien kom (of eerder, bloeisels aan die bome)maar stadig maar seker, kom dit. En al wat nodig is, is om anders na dit te kyk, kom ons kyk of ons nie kan help nie voor ons begin klippe gooi.....onthou, ons leef maar almal in glas huisies.
Ek stem ook glad nie saam met die regering se manier van dinge doen nie, maar hopelik kom hulle tot hul sin en doen dit anders, ons kan maar net hoop....en natuurlik ons deel doen om te probeer help.

Attie

Elton, jy het seker nie gelees wat ek geskryf het nie. Ek se eers skool, dan opleiding by kollege of universiteit, dan indiensopleiding, dan besigheidsplan, dan staatshulp. Hierdie staatshulp moet aan alle Suid Afrikaners beskikbaar gestel word. Ek is beslis nie te vinde vir hierdie nuwe vlaag van rassisme wat die land teister nie. As jy 'n aandeelhouer in jou besigheid soek, sorg dan dat jou besigheidsplan reg is en dat jou besigheid as 'n goeie beleggingsgeleentheid gesien word. My voorstel - 'n vrye mark met geen staatsinmenging. Die staat moet 'n ondersteunende rol speel met navorsing, ramphulp en hulp aan nuwe toetreders in die vorm van lenings wat terugbetaal moet word. Die ander roete is die van die res van Afrika. Ek het al vele Afrika lande besoek en ek moet eerlik se daar is nie veel wat my opgewonde maak nie. Suid Afrika met sy min water en swak landbougrond is die res van Afrika ligjare voor. Daar kan net een rede hiervoor wees en dit is dat die ou stelsel, soos hierbo beskryf, die enigste werkbare stelsel is.

Elton 

Schalk en Attie,
Ok manne, ek verstaan julle ongelukkigheid oor die hele aferre, maar wat sal ons maak. Soos ek se, dit is tot dusver nog die beste oplossing, ten minste wat ek gehooor het to nou toe,deur n minister. Wat is die alternatief. Gee moontlike oplossings, nie net teenstryding met mense wat probeer oplossings soek nie.
Ek is self nie blank nie, HET my stukkie grond gekoop, en sukkel sonder enige staatshulp voort. Ek het ook nie groot geword op n plaas nie, so ek leer maar soos ek aangaan, daarom werk ek steeds vir n inkomste. Onthou, nie alle nie-blanke boere het grond ens. verniet gekry nie....Daar is darem van ons wat op ons eie probeer en graag die hulp van blanke kommersiele boere wil vrae. Sover het ek nog nie veel hulp gekry nie, weens sentimente soos die van julle,hoop maar daar is iemand wat bereid is om te help.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.