|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
Die Landboubesigheidskamer (LBK) behoort teen Mei nie meer deel van Agri SA se struktuur te wees nie, sê mnr. Hans van der Merwe, uitvoerende direkteur van Agri SA.
Daar is op Agri SA se vorige kongres besluit dat dié organisasies voorts ’n gelyklopende werkverhouding sal hê. Dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die LBK, sê landbou-ondernemings wil hul eie, regmatige stem hê.
Van der Merwe sê daar word al bykans ’n dekade lank oor die moontlike skeiding gepraat. “Al Agri SA se lede is outonome organisasies. Sedert dr. Johan van Rooyen (voormalige uitvoerende direkteur van die LBK) se dae was daar die gevoel dat die LBK se stem nie genoeg gehoor word nie.”
“Die besigheidskamer loop nou gelyk met Agri SA en is nie meer deel daarvan nie,” het Van der Merwe gesê. “Dit beteken egter nie dat ons paaie skei nie. Ons sal net in ’n andersoortige verhouding saamwerk.”
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 26 Februarie 2010.
19 Februarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)