Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Nuwe-wolseisoen-l

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 17:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:59%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nuwe wolseisoen l

 
Deur ONA VILJOEN

Die nuwe wolseisoen skop Woensdag af wanneer sowat 12 000 bale in Port Elizabeth per veiling aangebied sal word.


Die seisoen open in 'n klimaat van swakker ekonomiese groei wêreldwyd en onsekerheid oor die uitwerking wat dit op die verbruikersvraag na kleding sal hê. In Australië, waar die mark reeds 'n aanvang geneem het, het pryse aanvanklik teruggesak, maar verlede week verstewig, hoofsaaklik as gevolg van 'n swakker Australiese geldeenheid.


Ontleders meen die skerp wêreldwye daling in kleedwolproduksie oor die afgelope seisoen of twee kan as teenwig vir die verswakkende ekonomiese klimaat dien. Die wêreldproduksie van kleedwol sal na raming dié seisoen met 7% daal.


Suid-Afrika was verlede seisoen die enigste van die vier belangrikste uitvoerlande van kleedwol waar produksie danksy gunstige klimaatstoestande met 3,6% tot sowat 48,6 miljoen kg gestyg het.


In ander drie lande, Australië, Uruguay en Argentinië, het produksie afgeneem en sal dit na verwagting dié seisoen verder daal.


Australië, die wêreld se grootste produsent van kleedwol, se produksie het die afgelope seisoen met sowat 12% teenoor die vorige seisoen gedaal en sal dié seisoen na verwagting met 'n verdere 7% tot 385 miljoen kg daal. Dit is die laagste vlak in 60 jaar.


Dié dalings word hoofsaaklik toegeskryf aan die voortgesette droogte in sekere wolproduksiestreke, onder meer Oos-Australië en Tasmanië, en die hoë graanpryse wat baie wolboere aangespoor het om hul skaapkuddes te verminder en meer graan aan te plant.


In Suid-Amerika het skaapgetalle ook afgeneem, hoofsaaklik as gevolg van swak klimaatstoestande. Patagonië, die belangrikste produksiestreek vir Merinowol in Argentinië, gaan geruime tyd reeds onder droogte gebuk, wat produksie na verwagting met 8% sal laat daal.


In Uruguay lyk die toestande nie veel beter nie en sal dié land se produksie na verwagting met 5% daal.


Die wisselkoers sal weer eens 'n groot invloed op die bepaling van prysvlakke uitoefen.

18 Augustus 2008

0
 
 
  • 1401 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Skep die sop
  • Foto: WILLEM PRETORIUS
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction