|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 17:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 59% |
| Wind: |
GESKIEDKUNDIGE ROL
NWK het voor
die deregulering van die graanbedryf slegs as agent van die destydse
bemarkingsrade opgetree. Hierdie rol was primêr dié van graanhanteerder en
opberger. Ná deregulering het NWK ook betrokke geraak by die bemarking van
graan. Kundigheid het ontbreek en prysvorming was nie baie deursigtig en
gestruktureerd nie.
NWK het gedurende die eerste paar jaar van die vrye mark
goeie resultate behaal deur direk met graankopers sake te doen.
Voorseisoenkontrakte is beding en op 'n rug-aan-rug-basis na produsente
deurgegee. Produsente was ook bereid om hul graan in poelskemas te lewer, waar
die uiteindelike prys in 'n later stadium op grond van fisiese verkope en/of
verskansing vasgestel is.
Hierdie skemas het NWK in staat gestel om
markgeleenthede te benut omdat hy oor substansiële voorrade beskik het. NWK het
in die eerste paar jaar die oorgrote meerderheid van die graanoes in sy gebied
verhandel.
Namate die graanmark in die RSA verder ontwikkel het en kundigheid by kopers, produsente en graanhandelaars verbeter het, het die rol van NWK in graanbemarking verander. Kopers het minder geneë geword om voorseisoenkontrakte beskikbaar te stel en produsente was ook nie altyd tevrede met die prysvlakke en leweringsrisiko's van hierdie kontrakte nie.
Die groter likiditeit van kontrakte op Safex en die toename in die getal graanhandelaars het aan produsente ander (en dikwels beter) alternatiewe gebied as die konvensionele bemarkingskemas van NWK. Dit het veranderinge in die bemarkingsbenadering genoodsaak. NWK het geen ander ander keuse gehad as om homself in die mark te herposisioneer nie en sodoende relevant te bly.
TOEKOMSTIGE ROL
NWK se
toekomstige sukses in graanbemarking hang nou saam met die sinchronisasie en
bevrediging van graanprodusente en -kopers se behoeftes.
Min
produsente beskik oor die kundigheid en middele om goeie prysrisikobestuur toe
te pas. Elke jaar is daar produsente wat duur lesse leer deur 'n té groot
gedeelte van hul oes op 'n bepaalde tydstip te prys - wat later blyk die
verkeerde tyd te wees.
Produsente is verder weens die leweringskoste bang om
vroeg in die seisoen verpligte leweringsooreenkomste teen gunstige pryse te
sluit. Wanneer meer oessekerheid bestaan, is pryse gewoonlik onder druk.
Produsente is dus op soek na transaksies wat 'n vloerprys waarborg, waar
lewering nie verplig is nie en waar hulle kan deel in opwaartse prysbewegings.
Sulke produkte kan net saamgestel word deur van termynmarkopsies gebruik te
maak. NWK stel homself ten doel om sulke produkte te ontwikkel en aan produsente
beskikbaar te stel. Sodoende kan groot hoeveelhede graan deur die loop van die
seisoen gewerf word.
NWK het gedurende die afgelope jaar sewe graanverkrygers in die gebied ontplooi om direk met produsente te skakel met betrekking tot hul bemarkingsbehoeftes en beskikbare bemarkingsgeleenthede. Hierdeur word daar gepoog om meer persoonlike aandag aan produsente te gee. Elke produsent se bemarkingsbehoeftes is mos uniek. Die graanverkrygers is ook op strategiese plekke in die gebied geplaas om hulle meer toeganklik vir produsente regoor die gebied te maak.
NWK beskik oor die kundigheid om produsente se
bemarkingsbehoeftes te bevredig. Dit is egter belangrik dat produsente NWK in 'n
posisie stel om hierdie behoeftes te probeer bevredig. Daarom die versoek dat
produsente eers met NWK skakel voordat 'n transaksie met 'n ander party gesluit
word. Al is daar op 'n bepaalde dag nie graankontrakte by die naaste silo beskikbaar nie, kan daar nogtans 'n transaksie via die graanverkryger by die hoofkantoor beklink word.
In belang van kopers
NWK se verhoogde vermoë
Graanbemarking het gedurende die eerste klompie jare
hoofsaaklik om twee of drie sleutelpersone by NWK gedraai. Dit was moontlik
omdat die graan deur middel van enkele bemarkingsinstrumente aangekoop en aan 'n
paar kopers verkoop is. Namate die aantal bemarkingsinstrumente toegeneem het en
meer en meer intermediêre kopers tot die mark toegetree het, moes Graanbemarking
se vermoë noodwendig uitgebrei word om die groter getal skakelings en
transaksies te kan behartig. Uit die departement se personeelstruktuur is dit
duidelik dat NWK die vermoë het om sy klante se behoeftes met betrekking tot
graanbemarking te hanteer. Die detail-besonderhede van die graanverkrygers
verskyn in TABEL 1. Skakel gerus vir 'n afspraak met een van hulle.
NWK se verhoogde markaandeel
NWK is by verre die belangrikste rolspeler in
graanbemarking binne sy gebied en is van plan om dit te bly. Indien die huidige
markaandeel gehandhaaf en selfs uitbrei kan word, kan die behoeftes van sy
klante (produsente en kopers) optimaal bevredig word. Die rede vir die strewe na
'n groot markaandeel is nie om die mark te manipuleer (wat in elk geval nie
moontlik is nie) of om monopolisties op te tree nie. Dit gaan bloot daaroor om
skaalvoordele in graanbemarking te benut en om oor genoegsaam produk te beskik
ten einde voldoende waarde vir produsente en kopers toe te voeg. Indien NWK
winsgewend bedryf word, strek dit tot voordeel van sy aandeelhouers, wat
meerendeels graanprodusente is.
SAMEVATTING
NWK se
veranderende rol in graanbemarking het reeds gedurende die afgelope seisoen
beslag gekry. Aanduidings is dat die herposisionering van graanbemarking begin
vrugte afwerp en dat produsente en kopers se vertroue in NWK se vermoëns besig
is om betekenisvol te verbeter. Produsente en kopers word derhalwe aangemoedig
om NWK die geleentheid te gee om hul bemarkingsbehoeftes te bevredig. NWK
Graanbemarking is 'n wenspan en wil diens aan hulle klante lewer.
TABEL 1: NWK Graanverkrygers se besonderhede
Naam | Gestasioneer | Silo's bedien | Selfoonnommer | Telefoonnommer |
Gerrit Naudé | Koster-depot | Koster, Derby, Boons, Syferbult, Swartruggens, | 082 421 8226 | 014 543 2038 |
Hannes Bornman | Lichtenburg (hoofkantoor) | Coligny, Bodenstein, Gerdau, | 083 722 8132 | 018 633 1000 |
Stefan vd Westhuizen | Lichtenburg (hoofkantoor) | Lichtenburg (silo 3, 4 & 5), Lottie Halte, | 083 792 4940 | 018 633 1000 |
Johan Venter | Ottosdal-depot | Ottosdal, Boschpoort, Rostrataville, Kleinharts, | 083 231 5164 | 018 571 0493 |
Koos Schutte | Sannieshof-depot | Sannieshof, Biesiesvlei, Bossies, Nooitgedacht, | 083 719 1381 | 018 683 0026 |
Kobus du Plessis | Delareyville-depot | Delareyville, Barberspan, Excelsior, Geysdorp, | 083 795 3503 | 053 948 0928 |
Jacques Reed | Mareetsane-depot | Mareetsane, Kameel, Madibogo, Mafikeng, Piet | 082 682 7613 | 053 988 |
*Jan Grobbelaar is Hoofbestuurder: Graanbedryf, NWK.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24